gil,
gryp,
net...
jy hoor my nie,
vang my nie,
jy's daar,
maar jy mag nie,
jy MOET
wegkyk,
wegdraai,
ek wil dit veto,
in plaas van ditto,
altyd...
...maar...
ons name
staan ewig
in sterre geskribbel,
ons verlange
immer
geklank
in die ruimte
in ons
om ons
ineengeweef
...maar hier...
moet ons,
arm aan mekaar,
asemhaal
leef
liefhê
...tog soms...
wanneer ons
oë mekaar êrens
tussen honderde vind,
weet ons,
dit in ons harte,
is volmaak.
E-pos my as kommentaar gelewer word
Rapporteer foute/ongewenste inligting rakende die gedig
Stuur e-pos aan vriende aangaande hierdie gedig
Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae
deur Leonard John Holmes
Hoe werk mens deur die verlies van ’n geliefde? Hoe hanteer jy die depressie, haat en selfverwyte op ’n jong ouderdom? Hoe vind jy God as jy Hom nog nooit persoonlik geken het nie?