Weergawe: 1
Aantal woorde: 127
Kere gelees: 0
Datum gepubliseer: 12 Aug 2015
kyk soms terug
na daardie tyd...
dit voel al so lank gelede
toe jy,
met jou charcoal Fiesta
reguit in my hart in gery het
En,
terwyl ek so terugdink
en soms nostalgies terugverlang
gloei ek
in die warmte van jou liefde
die omvattende
arms
van jou verstaan
en die standvastigheid van jou geloof
want
jy is soveel meer as net my vriend
soveel beter as net 'n lewensmaat
jy's betroubaar -
maar nie net omdat jy die pa van ons kind is nie -
Jy
is my metroman,
my Godsman
Jy, die getuie van my lewe
die anker
in die dae wanneer vrees my in sy kloue beetkry
Jy,
die enigste persoon saam met wie ek
glimlaggend,
doelgerig,
seker,
virewig mee wil saamdoen.
Lees ander gedigte deur natasha dutton
E-pos my as kommentaar gelewer word
Rapporteer foute/ongewenste inligting rakende die gedig
Stuur e-pos aan vriende aangaande hierdie gedig
Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae