Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende


o weerhou
vibrato van kitare,
suiwer elektronies ingestem,
waar saxofoon reëlmaat verloor
en eentonig teen die toonleer klim

behou die snare van die harp
wat styf, tot brekens toe
al stywer span, waar note
eens in vol oktawe,
nou sonder ritme
stilbly-staan

waar strykstok afgly na tenoor,
basviool die solfaskrif
verkeerd verstaan -
o aanskou die dowe skare
eendragtig in ovasie
opgestaan !

‘n fel rumoer van mokerhoue
neergevel op die tamboer;
beierend soos klokkespel,
swart klawers én ivoor;
hulle hartstogte ‘n stansa,
ja, hulle elke druppel sweet
‘n minuet van smart en leed,
geskoolde leiersoor te wek,
die noot te meet,
hoogte en laagte,
ja, die diepte van nood
te weet:

dat ouverture onder druk is
in barok en klassikaal,
waar rasende simbale
vergrypend
uit die voordrag
diaboliese ekstase haal . . .

o in sonata
met snaarinstrumente,
dat blokfluit sy geringheid
en panfluit sy nietigheid,
ja, mondfluit astrantheid bely -
van ouds af
die grondwet in detail,
die handves fyn gekomponeer;
die aria ‘n solo,
swanesang lank geresiteer
van ouds af,
maar kyk,
alles het nuut geword . . .

luisterryk die gesprek
deur koor en orkes gevoer;
die duet in ‘n taal
onverstaanbaar,
dog beskaafde gehoor
juigende magies ontroer -

o buig en besing
die splinter in sy hand
uitgestrek,
ja, die stand van ‘n stok gering,
waar die Meester
wonderbaarlik,
ja, man-alleen !
uitmuntend
die taak volbring . . .



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Goed vir die siel
As woord en klank sommer so uit jou verse spring. dis n wenner
7 jaar 6 maande 1 dag 12 ure oud


MOOI
‘n fel rumoer van mokerhoue
neergevel op die tamboer;
beierend soos klokkespel,
swart klawers én ivoor;

Goed verwoord en beskrywend.
7 jaar 6 maande 2 dae 23 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar