Gedigte

Titel: Vir Jou
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Die muur om jou is afgebreek.

Die Rommel daarvan vaal en bleek

om stadig te vergaan tot stof.

Die gedagtes word deur tyd verdof,

maar in die middle was eers jy.

Vasgevang, maar nou bevry.



Jy sprei jou vlerke in die wind.

Jy vladder hoog en soek en vind

die verste horisonne tot jy kry

alles wat moes agterbly

toe jy eens gebind was.

Toe jy maar nog ‘n kind was.



Eers ‘n papie, maar soos dit hoort

bring dit die mooiste vlinder voort

wat dartel, speel en blomme ruik

as jou lewe saam met jou ontluik.

En jy maak die mense bly.

Al die mense.. ook vir my.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

vir jou
dis so siel-sag-mooi gepen!!!
5 jaar 6 maande 5 dae 2 ure oud


Vir jou
Dis pragtig :)
5 jaar 6 maande 5 dae 6 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

ORAL IS MY GOD

deur Johann P. Boshoff

N.a.v. hoofsaaklik Psalm 139 word God se aktiewe teenwoordigheid in Boshoff se 36ste boek bepeins. Aandag word in 'n opstel ook geskenk aan die skryf van 'n oordenkingsbundel.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar