Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Ek dink terug aan gister
Ek was klein en hulpeloos
En as trane in my oë glinster
Kon jou woorde my vertroos

Daar was tye – ek onhou dit goed
As jy jou vaderlike plig moes doen
En ek vir my stoute dinge moes boet
Maar vanaand – het jy my weer nag kom soen

En as tye swaar raak – die lewe te hard word
En as die dae donker om my kom storm
Kan ek sien ek het net sterker geword
Deur jou woorde nuut gevorm

Vandag is ek ‘n volwasse mens
En ek moet self deur probleme beur
Maar ek kan my altyd terug wens
Na die daardie dae – keer op keer

En al is jy nie nou hier by my nie
Sal ek altyd jou woorde onthou
Die lewe is nie altyd maklik nie
Maar bly net aan God getrou

Ek onthou die tyd langs die etenstafel
Met jou bybel oop voor jou
Dan probeer ek die storie ontrafel
Ja, daardie dae kan ek goed onthou

Vandag is die dag wat ek wil dankie sê
Vir die liefde en geduld met my
En eendag kan ek vir my kinders së
Wat ‘n wonderlike pa was jy.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Haai!
Jis ek sommer lus om my pa nou te bel!!! Dis baie goed!
Kerrie
8 jaar 5 maande 1 week 4 dae 8 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons Premium+ lede

Van ons ander lede

Meeste gelees in die laaste 24uur
(2016-02-09 00:00:00 - 2016-02-10 00:59:59 )

Meeste kommentaar ontvang in die laaste 24uur

Die Ander Vrou

deur http://www.woes.co.za/

Die boek belig 'n wereld oue situasie uit die perspektief van die "ander vrou"- soos deur die vroue self vertel Die boek sluit ook perspektiewe deur 'n maatskaplike werker en 'n predikant in.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar