Gedigte

Titel: Vir Kotie
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende


Met vriende en familie
ver, ver hiervandaan,
het ek, geringe vreemdeling,
seer, alleen en naak gestaan . . .
Maar toe kom sy met deernis
om my met warmte te klee,
terwyl haar oë self nog blink
van baie trane, diep geleë . . .
My honger, dors na eie soort
het sy gestil - my laat ‘behoort’
en was ek siek, het sy na my gevra,
my sorgsaam opgesoek,
vruggies aangedra . . .
En sou ek soms gevange voel
in my ou kleine huisie,
sal sy vir my ‘n tee’tjie skink,
in haar gesellige kombuisie . . .
Word dan haar naam eendag gelees,
vir Sy Majesteit se Bruilofsfees,
hoe luisterryk, verruklik, sal die
“Mooi so” van die Koning wees !
Maar nou, o mooie vrou, dat jy
jaar na jaar verby die tagtig,
jonk, gesond en kragtig bly,
dis my gebed vir jou -
dat jy die blaar van leed, vergeet,
en die haelwit van die lelie, sal onthou . . .





(Verw. Matt.25:34-40)



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Kommentaar
"dat jy die blaar van leed, vergeet,
en die haelwit van die lelie, sal onthou . ." - treffende woorde. Puik gedig.
4 jaar 5 maande 1 week 2 dae 1 uur oud


Vriendskap
Sulke onvoorwaardelike vriendskap is raar. En baie baie mooi.
5 jaar 8 maande 1 week 5 dae 1 uur oud


Kotie
sjoe jy het die mooiste ode hier geskryf!!!! Wat n voorreg om so n vriendin te he en ook te kan wees!!
5 jaar 10 maande 1 week 1 dag 23 ure oud


"Mooi so . . ."
Ek het ook so 'n vriendin hier . . . en sy glo nie in God nie! Sy is ongelowig omdat sy te slim is dat godsdiens haar kan mesmeraais. Daarom probeer ék weer vir haar wys dat Jesus werklikwaar méns word het. God in ons is.

Dis 'n pragtige werk hierdie!
5 jaar 10 maande 1 week 2 dae 19 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Kroniek van die Suid-Afrikanse Weermag (1912 - 1994)

deur Francis Gillieron

Beskryf die geskiedenis van die ou SA Weermag vanaf sy stigting in 1912 tot sy ontbinding in 1994. Die SA Weermag se voorgeskiedenis word ook weergegee.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar