Gedigte

Titel: Vir Ma
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

As ek jou kon skilder
sou dit herfs wees
en sal ek gryp na die bruin blare
op jou wit rok.

Ek sal jou voete massage
terwyl jy na Freddie Mercury se Barcelona luister
en Konsalik lees - uitgestrek op die sofa
met 'n brandy en coke.

Dan sal ek jou 'n feesmaal berei:
Gebakte hoender en aatrappels
met pampoen en Old Mill Stream
en net omdat ek vir jou lief is
oats-koekies bak.

en was ek maar 'n digter,
sou ek jou dalk kon beskryf
maar nou is ek nie 'n digter nie
en is jy nie meer hier nie.



Spaar Geld op Versekering

Kommentaar

Vir ma
Dankie vir die mooi gedig, wens baie van ons wil ons ma's so eer. Ek het hierdie gedig geniet, dig voort!
8 jaar 3 maande 2 weke 2 dae 1 uur oud



Van ons Premium+ lede

Gee my hoop - selfs toe daar geen hoop meer was nie

deur stefan s

Die boek se inhoud gaan hoofsaaklik oor die tema “hoop”. Hoop kan op verskillende maniere of geskep, versterk of vernietig word. Daar word gekyk na faktore wat ʼn direkte of selfs indirekte invloed uitoefen op die hoop wat daar in menseharte bestaan. Die boek is anders as ander deurdat daar aan die einde van elke hoofstuk ʼn gedig van hoop en bemoediging, deur stefan s, geskryf is wat by die tema van daardie hoofstuk aansluit. stefan s is ʼn predikant wat reeds 30 jaar in die bediening staan en in drie gemeentes gedien het. Ek is tans besig met twee afsonderlike kursusse in nood- en traumaberading. Ek is self deur diep waters wat as motivering gedien het vir die skryf van die boek met die spesifieke onderwerp “hoop”.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar