Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Vir my broer wat my
eintlik nie meer goed ken
skryf ek hierdie vers

en ek weet die pad
wat ek tot hier moes stap
was op tye grootliks
deur die keuses wat ek maak.

Tog bly ons een in lojaliteit,
een in bloed en familie verwant,
een as die noodlot sy vingers sluit
en dalk soms een in die verlore wees
alhoewel ons beide
in ander rigtings staan
en soms soek ons na ‘n broer
op plekke waar hy nie is nie.

Ek soms alleen op ‘n duister weg gaan
en aanhoudend na ‘n ster, ‘n nuwe son soek
en wie weet wat daar wag?

Tog, skryf ek hierdie woorde neer
om na jou toe terug te keer
om saam deur jou valleie te stap
na plekke waar die son helder sit
waar die lug blou verby die horison is
en laat dit altyd met jou
net beter as goed gaan.

[Verwysing: vir my broer, in hierdie koue wêreld deur Breyten Breytenbach.]



Spaar Geld op Versekering

Kommentaar

'n Besonderse pleidooi en uitreiking.
4 jaar 7 maande 4 dae 23 ure oud



Van ons Premium+ lede

Van ons ander lede

Meeste gelees in die laaste 24uur
(2014-11-22 09:00:00 - 2014-11-23 09:59:59 )

Meeste kommentaar ontvang in die laaste 24uur

VREEMDELING IN MY VADERLAND

deur Piet Schoombie

Dit handel oor die probleme wat baie Suid-Afrikaners in die nuwe SA ondervind en hulle wroeging met die vraag of hulle moet ry of bly. Lesers sal hulle ten volle kan vereenselwig met die realiteit van korrupsie, misdaad en moord in dié boeiende verhaal..



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar