Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

My liefste vrou se my gou.
Wat is my groot liefde vir jou?
Kom laat ek jou nou gou sê.
Jy wil my mos altyd by jou hê.
Beweer ek jou glad nie liefhet.
Bly by jou net oor huweliks wet.

Maar laat ek jou gou vertel.
Jy sit so diep onder my vel.
Jy is deel van my liggaam.
In my gedagtes is jy altyd saam.
Maki saak watse planne ek beraam.
By my is jy nie net ‘n naam.

Daar is baie dinge wat ons beplan.
Amper soos koffie maak in ‘n kan.
Ons gooi al die bestanddele saam.
Siedaar kom al die planne in ‘n raam.
Jy is my oggend koppie koffie.
Ek wil jou lek soos ‘n toffie.

Goud en geskenke kan ek jou nie gee.
Maar dit deel ek jou met graagte mee.
Liefde is om saam met jou te lewe.
Om saam te deel wat die lewe gewe.
Die oggend son te sien opkom in die more.
Die natuur se geluide te hoor soos kore.

Ek wil jou proe in die more lug.
Ek wil jou troos as jy sug.
Ek wil jou hoor in die reën.
Ek wil wag vir jou seën.
Ek wil jou vashou as ons slaap.
Ek wil jou soen as jy gaap.

Ek wil na jou gesig kyk as jy slaap.
Ek weet somtyds dink jy ek is ‘n aap.
Ek se nie elke oomblik ek is op jou verlief.
Dit beteken gladnie dat ek is ‘n dief.
Dat ek gesteel het jou vroue hart.
Nou gee ek jou net leed en smart.

Jy dink ek is nie meer verlief.
Op jou my vrou en pragtige hartedief.
Ons is reeds vir meer as 30 jare saam.
Jy hoef regtig nie te pak die blaam.
Op my alleen dat ons nog gelukkig bly.
Dis die saam doen wat jou hou by my.

Jy is van al my vriende my beste mater.
As ek dors vir liefde, is jy vir my soos water.
As ek moeg is, is jy my steunpilaar.
As ek gespanne is soos ‘n kitaar snaar.
Maak jou stem musiek in my ore.
Jou kyk is die son opkoms in die more.

Het jy dalk gedink ek maak ‘n grappie.
Toe ek gesê het die dag aan jou pappie.
Ek wil jou vir ewig by my hê.
Maak nie saak wat ander mense se.
Jy bly my beminde en enigste vrou.
Ek bly sweer aan jou al my liefde en trou.






Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Vir my Liefste Vrou.
So verklaar elke man aan sy geliefd ´n minnelied.
6 jaar 1 maand 2 weke 2 dae 5 ure oud


Wonderlike versekering van ewige trou, so mooi wanneer manne hul vroue so kan eer! Pragtig schatz!
9 jaar 4 maande 2 dae 11 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Die Ander Vrou

deur http://www.woes.co.za/

Die boek belig 'n wereld oue situasie uit die perspektief van die "ander vrou"- soos deur die vroue self vertel Die boek sluit ook perspektiewe deur 'n maatskaplike werker en 'n predikant in.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar