Gedigte

Titel: vir my Ma
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Ma ek kon jou nooit tevrede stel
Ek het rondgedobber tussen jou lewe en die my hel
Nooit kon jy vir my sê, dat jy my eendag lief sal hê
Tog as ek luister na ander se vertel, sê hulle jy het my tog liefgehad
Jy het altyd vertel, hoe onverskrokke pak het die lewe aan
Het jy nooit geweet, ek doen dit dat jy my moes dink
Ek “cope” daarbuite wel
Hoeveel keer het ek begeer
Dat jy my net sal vashou en self net moes sê
Dat jy my aanvaar en alles is wel

Die laaste maand was hel
Stukkend weerloos het jy daar gelê
In 'n gebroke tronk van pyn vasgevang
Daagliks het ek gebreek en gewens jy moet totsiens sê

Toe kom die tyding
Dit was die einde van jou lyding
Rou snikke het uit my geskeur ek
Kon nie glo dis uiteindelik verby vir jou
En tog ook vir my………..

Daar in die klein kamertjie in die oggend uur ,
Ek het jou hand geneem en al was jou gees nie meer
Het jou vingers om myne gevou, lewensloos maar jou hand het vanself die pad gevolg
en net daar, finaal, vergewe ek jou…

My vrymaak wens, ma mag ma dans vandag in die hemel
Mag ma onvoorwaardelik jou vryheid vier
En seblief …………
Sê groete vir my Pa……..
Ek bly julle weer bymekaar
15/06/2009

( My ma was 15 jaar semi invalied en die laaste 3 jaar heeltemal. Van 'n dartelende flinder tot 'n gebroke niks - 20/06/1938 – 14/06/2009)Dankie aan al my Woes-vriende vir julle ondersteuning en boodskappies. Ek kon in die warmte in hierdie woes-gesin gedy.






Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

My pa was die een wat na my ma se skielike dood in 2004 vir gese het dat die dood van 'n ma 'n gat uit 'n mens se hart ruk. Ek het lank so met 'n bloeiende hart geloop. Hoop dit gaan al beter met jou. My ma was nie siek nie - het net een middag aan 'n massiewe hartaanval gesterf. (kyk gerus na my gedig Spieelbeeld wat ek aan haar opgedra het) en sterkte steeds aan jou. Liefde
7 jaar 1 maand 1 week 20 ure oud


Ma of pa........
.......dit bly seer!

EINA MOOI......
8 jaar 1 week 6 dae 5 ure oud


Ek het die gevoel gehad of ek self daar was en dit was bitter seer. Ek wens jou al die sterkte toe en dankie dat jy die gedig met ons gedeel het. -J-
8 jaar 5 maande 2 weke 6 dae 2 ure oud


MA
Sterkte vir jou in die tyd .Die kosbaarste gedagtis wat ons ooit kan hê, is die gedagtes aan iemand wat ons nooit weer met ons kan hê
8 jaar 5 maande 3 weke 6 dae 17 ure oud


Ek is so dankbaar hier vir julle my Woes-vriende, vreeslik dankie vir al julle mooi woorde en warm wense. Ek het vandag terug gelees en verstaan elke dag meer hoe dankbaar ek kan wees vir mense soos julle en weet dat ek elke kommentaar op die hart druk. Ek wil ook dankie se vir die genade van ons Vader om mense soos julle op my pad te plaas en vir die talent om my woorde/ink te laat bloei. Dankie julle ....Cat
8 jaar 6 maande 17 ure oud


Ag toggie Cats, ek is verskriklik jammer om dit te hoor en te lees. My siel is by jou ter ondersteuning deur die tyd. Maar een ding is verseker, weet dat daar vrede tussen julle nou is, al was dit nie prakties sigbaar nie. En weet ook dat jul eendag weer in mekaar se omhelsing sal lag/huil en geluk in mekaar sal he. Sterkte vir jou en die gesin.
8 jaar 6 maande 1 dag 2 ure oud


vir jou Ma EN vir JOU
Hierdie gedig raak diep in my hart en ek ervaar die binneste wroeging en wonder oor ma se liefde saam met jou. Ek sien ook 'n vrede en die mooi vergewe en die uiteindelike rus wat voorlê ...
Baie sterkte Cat!
My gedagtes en gebede is by jou!!

Groete
TdDM
8 jaar 6 maande 2 dae 1 uur oud


Ma
Puik
8 jaar 6 maande 2 dae 6 ure oud


hierdie stuk staan uit:
Toe kom die tyding
Dit was die einde van jou lyding
Rou snikke het uit my geskeur ek
Kon nie glo dis uiteindelik verby vir jou
En tog ook vir my………..

Daar in die klein kamertjie in die oggend uur ,
Ek het jou hand geneem en al was jou gees nie meer
Het jou vingers om myne gevou, lewensloos maar jou hand het vanself die pad gevolg
en net daar, finaal, vergewe ek jou…

My vrymaak wens, ma mag ma dans vandag in die hemel
Mag ma onvoorwaardelik jou vryheid vier
En seblief …………
Sê groete vir my Pa……..
Ek bly julle weer bymekaar

>>jou ma glimlag nou.
>>lees die gedig op haar begrafnis
8 jaar 6 maande 2 dae 7 ure oud


Ek dink hulle was die 'silent generation', het lief gehad, maar nooit geweet hoe om te in gewone woorde te sê nie. Mag jy troos vind deur hierdie gedig wat jy geskryf het.
8 jaar 6 maande 2 dae 23 ure oud


Sterkte - mens voel so magteloos as hulle daar lê - en wag om te sterf. Hoop jy kry gou berusting en aanvaarding. Sy is op 'n beter plek!!
8 jaar 6 maande 3 dae 1 uur oud


Sterke vir jou en mag jou glo en geloof daardie leë ruimte vul. Ek ken ook die antwoord om te wys hoe jy voel, maar uiting daaraan gee is 'n ander ding.
8 jaar 6 maande 3 dae 2 ure oud


Ek het so baie respek vir elke aspek en emosie wat deel vorm van hierdie besonderse gedig Cat. En ek glo sy ook... Sterkte. xx
8 jaar 6 maande 3 dae 5 ure oud


Vir my ma
Mooi geskryf my maaitjie hoop jy voel al beter
8 jaar 6 maande 3 dae 5 ure oud


Vir my Ma
'n Hartseer gedig met 'n pragtige einde! Goeie woordkeuse om die essensie van jou emosie vas te kon vang. Klink of jy berusting het en werklik vrede gamaak het! Sterkte - M
8 jaar 6 maande 3 dae 5 ure oud


soveel ouers het ons lief, al was hulle in hulle kinderdae al geleer om nie emosie te wys nie. jou liefde vir haar het haar gedra. Sterke, lief vriendin, onthou elke stukkie goeie wat daar was.
a.
8 jaar 6 maande 3 dae 5 ure oud


Ma
Die verskillende emosies word baie goed verwoord en deurgegee in die gedig. Maar omdat dit 'n eerlike gedig is, wek dit by my as leser ook 'n diepe deernis vir jou, en ek verstaan so goed! Lees my Groen Kombersie en Ma ek wou... Sterkte!
8 jaar 6 maande 3 dae 5 ure oud


En daar raak die ou olifant se oge nat, dis so pragtig vertel van seer maar ook van liefde en die wens vir ewige vreugde waar sy nou is. Jy skryf met soveel deernis maar ook broosheid. Sterkte liewe mens, die onthou sal altyd daar wees maar die seer word wel minder.
8 jaar 6 maande 3 dae 6 ure oud


Vir my ma
Met elke sin gelees, het die trane meer geword, met elke woord op my lippe gevorm het die pyn in my hart dieper geword. Dis vol seer, maar ook vertroosting. Ek voel jou liefde en ook smagting na aanvaarding aan, maar onthou vir almal is dit nie maklik om hul emosies en gevoelens te wys en vir ander nog moeiliker om dit in woorde om te sit. Ek is seker die liefde vir jou het net so hard in jou ma ge brand, al het sy dit nie gesê, miskien kon sy net nie.

Hoe anders, ek glo en weet, sy het jou ook lief gehad, sy was jou MA. En jul is met meer verbind as net bloed.

Ek dink aan jou, sterkte, hou aan skryf, al is dit hartseer, is dit die beste manier om gebeure te verwerk en van jou emosies ontslae te raak. Dis baie goed geskryf. Eerlike, opregte woorde en gevoelens uit jou hart.
8 jaar 6 maande 3 dae 6 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

slavin

deur Maangodin

Annelise, die skrywer van Maanvrug, is terug. Ná haar eksoties-metafisiese reis deur die hiernamaals in Weerloos speel slavin weer in die bekende wêreld van hedendaagse Suid-Afrika af. slavin bevraagteken die definisie van normale seks en die aanvaarde sienings oor seksualiteit. Dit streel en verlei, daag uit en wonder. slavin is weereens net vir volwassenes. Eroties Afrikaans.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar