Weergawe: 1
Aantal woorde: 102
Kere gelees: 0
Datum gepubliseer: 02 Oct 2012
Here,
besig om die flenters
van my hart
saam te skraap,
...op te vee,
die splinters
tussen die groewe
van keistene
uit te grou,
skoon te vee
met my vuil hande
waaraan die sonde
listig plak
en ek sien my
naels vol verwyt
polse sweet bloed
en ek lig my hande
draai my palms
na U, God
na U
en lig my gesig
my siel reik uit
my oë gryp vas
aan die hemel
aan die belofte
aan die boodskap
die boodskap
wat hy moes bring
Bon voyage, my friend.
I love you more
than chocolates
xx
Lees ander gedigte deur tanisoo
E-pos my as kommentaar gelewer word
Rapporteer foute/ongewenste inligting rakende die gedig
Stuur e-pos aan vriende aangaande hierdie gedig
Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae