Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende


My Valentyn, my hart se punt,
Ware liefde het ek gevind!
Daar is geen woorde om te sê,
Hoe ek jou ewig lief sal hê.

Al jou liefde smaak so soet,
Al jou omgee voel so goed,
In jou arms styf vasgehou -
Behoort my hele hart aan jou.



Spaar Geld op Versekering

Kommentaar

Oi Germaanse nooi jy skryf MOOIE dinge!!
Soos altyd ....mooie dinge wat my hart se punt verwarm soos kooltjie op die braaier onder die veranda. Nou kort nog net daai sneppietjies van jouse groot dag dan is my hele hartjie vol!!
7 jaar 5 maande 2 dae 13 ure oud


Vir my Valentyn
Baie goed bewoord. Die liefde is darem maar 'n lekker onderwerp om oor te skryf, dankie dat jy dit met ons almal deel.
7 jaar 6 maande 1 dag 17 ure oud


Kommentaar
Hierdie gedig neem my op die vlerke van drome en gee my 'n lekker warm gevoel. Regtig mooi. Groete.
7 jaar 6 maande 1 week 1 dag 8 ure oud


NIks mooier as die liefde!
Oh my glory Boerenooientjie jy steel sommer my oumens hartjie van vooooor af met hierdie kosbare lyne gedeel met ons hier op Woes!! Nooi jy sal moet uithaal en wys na daardie groot dag hoor. LOL.... ek stiek jou gou vir oulaas nog so ietsie se watsie want ek skat jy gaan nou seg..no thank you sir or madam virrie vetmaak sake innie wereld tot na die GROOT DAG!! SO jammer ek kon jou nie SIEN terwyl ons in SA was. Grote jammmmmerte. Maar daar sal weer geleentheid kom. I'll be back is my promise!!
7 jaar 7 maande 3 dae 17 ure oud


Vir my valentyn
Hierdie gediggie is een van die mooiste valentyn gediggies wat ek hier gelees het.Pragtig en mens kan sien jy bedoel elke woord.Ek is bly dat jy weer geluk gevind het.Groetnis
7 jaar 7 maande 6 dae oud


Vir my Valentyn
Dankie vir 'n pragtige gedig! Dis heerlik om te weet daar is nog liefde en geluk in ons woeste wereld. Hou die blink kant bo!!!
7 jaar 7 maande 1 week 2 ure oud


Aitsa!
Mooi so, lekker om liefde te ken.
7 jaar 7 maande 1 week 8 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons Premium+ lede

DIE WIEL DRAAI

deur neels claasen

Die skrywer se vierde spoorwegroman uit die stoomera uit waarin hierdie dae weer herleef word



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar