Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Heen en weer wirrelwarrel
'n wipstertjie kwikstertjie
kwetter, kwinkeleer en kweel
in die lente se gemmergeel

Hierdie besoekertjie in die tuin
wip-wip deur my blanko-wit wese
weg is die verbleikte
en vergeelde somer se pyn

Verspeelde en gesteelde woorde
in vlammende wind saggies toegevou
want in hierdie kwikstertjie se stertjie
gloei nuwe beloftes vir herfs

En die koue sal sugtend vlug
'n nuwe wind sonnig sy seile bol
die stilte sal versplinter
in hierdie seisoen
se grys en grou winter



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

wind
Goeie implementering van alliterasie en assonansie. Knap gedaan
2 jaar 2 maande 2 weke 1 dag 16 ure oud


vlammende wind
Baie dankie vir jou pragtige bydrae tot de Seisoene projek
2 jaar 2 maande 3 weke 1 dag 11 ure oud


wind
Sterk bdskp van wat kom in hierdie pragwerk
2 jaar 2 maande 3 weke 1 dag 12 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

slavin

deur Maangodin

Annelise, die skrywer van Maanvrug, is terug. Ná haar eksoties-metafisiese reis deur die hiernamaals in Weerloos speel slavin weer in die bekende wêreld van hedendaagse Suid-Afrika af. slavin bevraagteken die definisie van normale seks en die aanvaarde sienings oor seksualiteit. Dit streel en verlei, daag uit en wonder. slavin is weereens net vir volwassenes. Eroties Afrikaans.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar