Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Vat rou maalvleis
Gooi in kookwater met kruie
Kook tot gaar
Laat afkoel

Vat een rol deeg
Rol plat uit en strek
Skep vleisie in
Rol netjies op

Sit in plat pan
Smeer met eier
Sit pan in vooraf verhitte oond
Bak vir tyd lank

Haal uit
Koel af
Geniet met
Slaai of bykosse.

Klink amper soos die lewe

Ons word gebore
Ons sintuie ontwikkel
Ons tas en speel
Ons leer en studeer

Die lewe suig ons op
Die proses word herhaal
Ons speel en leer
Ons begin werk

Dan maak die lewe
Snaakse draai
En ons kry seer
Die oond is warm

Maar wanneer ons
Anderkant uitkom
Beteken die lewe
Soveel meer.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Gedoria

deur Martha Maria Jones

Gedoria is my debuut digbundel. U kan dit koop by www.afrikaansenuusagentskap.co.za of u kan my kontak by 0760176453. Ek is tot alles in staat deur Christus.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar