Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

hierdie droom
hierdie droom van my
hierdie droom van my wil vlerke kry
sewe vroue in die hemel wag
maagdelikheid sal ek daarbo
verkrag

hierdie lewe
hierdie mense rondom my
hulle sing van berge en reënboë
dalk maak dit hul vry

maar ek droom
ek droom
ek droom van sewe-lang-haar-vroue
daar bo saam met die engele
hulle le en wag vir
my droom

die torings staan trots voor my
‘n hele nasie buig voor
die droom van my
die mense skree
onbekende taal, naamlose god
red ons here!
red ons allah!
red ons!
god.

hierdie droom van my
‘n duisend lewe ontplof verby
trane en stof is al wat bly
ek sal sterf
vir die droom
die droom van my



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

In julle moer...
GUSTAV!Dammit ou, 'n bevolkte gedig hierdie. Ek is bly daar is al hoe meer mense wat die sieklikheid van 'TE' in geloof raaksien. Tog sal daar altyd sotte wees wat TE ver gaan. Daar sal ongelukkig altyd 'n Eric Robert Rudolph of Osama bin Laden wees wat gereed staan om die haatliewende massas te lei.

Ek se, wees lief vir almal en stop hierdie malligheid, dis tog wat 'n ware God sou wou he.

[dBk]
-=P=-
13 jaar 3 maande 3 weke 2 dae 8 ure oud


Vlieg in julle moer
Die satire is goed, maar die erns van die beloofde "expectation" word vas gevang. Die gedig laat my weer evalueer, dink. Dankie.

Groete

Chenél
13 jaar 3 maande 3 weke 3 dae 10 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Susanna Maria Magdalena

deur Lorelei

Die lewensverhaal van n jongvrou wat gedryf word deur Stemme in haarself. Haar soeke na haarself en God asook n stryd tussen Lig en Duisternis.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar