Weergawe: 1
Aantal woorde: 107
Kere gelees: 0
Datum gepubliseer: 12 Dec 2008
sy vyand groot, vir hom te magtig!
Die galop van perde skoene,
klank van haastige hoewe,
Sy dier, wat reeds salpeter wys,
die reuk van dood en grys!
Die dood wat naby kom,
‘n barbaar, wat naby grom!
Die vyand, nader met geraas,
dier en ruiter, een ritme van haas!
Ruiter en dier, moeg, verslae,
die dier, wat hul nie meer kan dra,
Dier en ruiter, val teen die grond,
rooi vloei reeds, uit ‘n ope wond!
Die ruiter, staar na die hemel lig,
barbaar gereed, met swaard gelig,
‘n blink, swaar lem, met rooi bevlek,
die ruiter, hoofloos, sterf op die plek.
Lees ander gedigte deur Buksie
E-pos my as kommentaar gelewer word
Rapporteer foute/ongewenste inligting rakende die gedig
Stuur e-pos aan vriende aangaande hierdie gedig
Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae
Lucas word op ouderdom ses na Heidelberg toe gestuur om sy oupa te gaan help. Sy kinderliefde Greet is dood en Essie word die liefde van sy jongmanstyd. Terwyl hy op kommando is, word Essie ’n slagoffer van die Britse konsentrasiekampe. Hy word gevange geneem en Indië toe gestuur om tot die einde van die oorlog in die kamp te sit. Eers daarna en tussen die gebrokenheid deur leer ken hy die meisie Albertha en beleef hy die Vrystaatse skoonheid.
Jou gedig "Vlug van die Ruiter" is so mooi dat 'n mens dit oor en oor hardop wil lees om die musiek daarvan te hoor. Jou gedig herinner my sterk aan heelwat groot Duitse digters. Loop daar almiskie Duitse bloed in jou are?
Mooi loop
At de Lange