Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Gekerf in my wese lê die letsels van my lewe
Elk 'n storie van verraad of 'n donker uur.
'n Bron van trots, eer' pyn van die verlede
is elke kwets 'n verhaal van tempering in vuur.

Soos die wysheid wat kom deur grysheid
getuig elke kerf van 'n verloop in omstandighede
saamgeflans tot troumatiese drama en feit.
.... Geëts in die merke behoue uit die verlede.

Elk spreek van 'n oorwinning behaal!
'n Krisis vrygespring en teenkant oorkom.
Voetspore van gister lê vars as vryheidstaal
wat vreesloos staar na môre se gegrom.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

voetspore van gister
so vorm die seer van gister en vandag die mooi van more... pragtig gepen
4 jaar 3 weke 5 dae 1 uur oud


die weervoorspelling
ek hou hiervan
4 jaar 3 weke 5 dae 7 ure oud


voetspore van gister
Goed gepen.
4 jaar 3 weke 5 dae 19 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Katarsis

deur http://www.woes.co.za/

Katarsis, ’n versameling gedigte deur 3 skrywers, tribalmoon, Berg en Chenél Pieterse-Boyle in Afrikaans, bevat ’n uiteenlopende versameling gedigte wat ’n ryk diversiteit van temas en denke byeenbring.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar