Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Ek is leeg
soos die boonstekant
van ñ uurglas
wat in onbruik was .

Ek wens jy
het my eerder laat val
my eerder gebreek

maar nou het jy
my vol gelos

vol van jou


( 24/11/2007 22h42 )



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

.
O gits.

Ja.
Die ander kant van seer.
5 jaar 2 weke 1 dag 16 ure oud


***
Baie interessante een dié, Rudi. Ek hou van.
5 jaar 1 maand 1 dag 15 ure oud


Vol van jou

'n Ouerige enetjie wat nog maar net so mooi op die hart val. Ek lief veral die beeld van byde kante: Leeg en Vol!
5 jaar 1 maand 2 dae 13 ure oud


Vol
Magteloos en leeg. Gelukkig is daar altyd hoop.
5 jaar 1 maand 3 dae 7 ure oud


Vol
Ek voel die magteloosheid,die moedeloos en hopeloosheid!
5 jaar 1 maand 3 dae 21 ure oud


Vol van jou
Goeie kontras wat jy skep tussen die twee kante van die lewe
5 jaar 1 maand 3 dae 23 ure oud


Hmmmmmmmm
Goed geskryf Rudi!
Kort maar kragtig.
5 jaar 1 maand 3 dae 23 ure oud


Vol
sjoe.. wat n smagting ... puik verwoord
5 jaar 1 maand 4 dae 1 uur oud


Stuur
Leeg/vol, liefde/haat, gees/vlees, die spannig in die lewe is altyd teenwoordig!
Kort, kragtig en puik!
5 jaar 1 maand 4 dae 1 uur oud


Vol van jou
Very nice! Ek soek altyd na verskuilde goeters in jou werk. So sit ek toe die laaste reël heel aan die begin. En siedaar! Die metafoor is nog steeds daar, maar met 'n twist.
5 jaar 1 maand 4 dae 1 uur oud


vol vs leeg...goed het jy die twee konstraste uitgebeeld..en ek ervaar die smagting om die "volheid" in jou te gee vir iemand (haar?) maar sy het jou nou net so gelos....?
12 jaar 1 dag 23 ure oud


Dis 'n anderse siening wat jy hier het en jy't dit goed verwoord.
12 jaar 2 dae 15 ure oud


en ja, almal neem iets en "deponeer"iets in ons lewe-
besluit dan goed of sleg

liewer vol as gebreek - sê ek

diep soos altyd Rudi
12 jaar 2 maande 2 weke 2 dae 20 ure oud



Agter Geslote Deure

deur Johan Botha

Hoe sê ‘n vyfjarige kind vir iemand groter as hy om hom nie te verkrag nie? Hoe reageer hy as hy sien hoe sy ma mishandel word deur ‘n dominerende vark van ‘n pa wat op drugs is? Wat gebeur met hom wanneer hy ouer word en probeer om by die samelewing in te pas, ‘n samelewing waar hy sukkel om met ouer mans te kommunikeer? Hoe probeer hy om sy eie identiteit te skep en ‘n beter mens van homself te maak? Dan word hy aangesê om sy pa te vergewe? Hoe? Waar sal alles eindig? Hierdie is sy lewensverklaring.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar