Weergawe: 1
Aantal woorde: 80
Kere gelees: 0
Datum gepubliseer: 28 May 2015
volgende Augustus
as die winterson weer
so op my rug kom ry
sou ek my pen steeds
met selfvertroue kan optel
om soos altyd
denke en dade neer te skribbel
sou ek dan nog genot daaruit put
om die lewe in swart op wit uit te lê
sou vriende steeds met skitter oë lag
en met hul sonskyn siele
die lang winterkou verdryf
sou ek volgende Augustus
nóg tuis kon voel in hierdie vel?
E-pos my as kommentaar gelewer word
Rapporteer foute/ongewenste inligting rakende die gedig
Stuur e-pos aan vriende aangaande hierdie gedig
Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae