Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

teen die voorgrond van die groot oseaan
in die skadu van die kruis het jy gestaan
jou oë gevul met onsekerheid en vrees
op gewyde grond was Hy daar gewees
maar vir jou was die tyd nog nie ryp
nes Maria by die graf onkant gevang
het jy, jong vrou, die boodskap nie verstaan
breek die volheid van die tyd nog nie aan
daar het Hy jou geroep by die naam
met die hand noukeurig uitgesoek

soveel sand

wat deur die uurglas moes loop

soveel onsekerheid, kwesbaar sonder hoop

die boodskap was heeltyd in jou oë
dat die tyd sou aanbreek kon ek sien
asof ek Hom kon sien groei in jou lag
soos wat jou oë verander by die dag
helaas sien ek Hom te voorskyn kom
jou gesig maak bekend die blye tyding

jou oë het dit uitgespreek,
kon sien jy het geweet
dat die tyd nou ryp is vir jou
jy het geantwoord so getrou
Hy sal aan jou my liewe kind
bekend maak wat jou gawe is
die pad met jou loop,
dit is gewis...









Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Die Lady en die Leeu

deur Rachelle du Bois

Sy is een keer gevang, maar nou is sý die jagter met die prooi in háár visier



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar