Gedigte

Titel: Volmaan
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Vol rond geel – wit glimlag,
loer jy tussen boom toppe,
knipoog jy tussen blare,
oppad na die rooi dag.

Skuif jy van skadu tot bas,
omvou jy warm en koud,
roer jy saam met wind,
streel jy nou en wat was.

Betower jy die minnaar,
bedwelm jy die geliefde,
verlig jy die hartstog,
ondersteun jy die oorwinnaar.

Maak jy die digter liries,
onderstreep jy die woorde,
verstrengel jy die hart,
dans jy op die nag se bries.


Cornien



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar


Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Van liefde en so ...

deur Robelle

Verse oor liefde in blom, in krisis, verlore ... verwerkte grappies in digvorm



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar