Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Hortend haal die die renoster asem - vlak en naby dood
haar gesig is lewendig van haar afgestroop
die gras rondom haar met bloed bevlek
sy gaan met 'n genadeskoot binnetien minute van haar lyding verlos word

Dis 'n gesig wat jy nooit kan vergeet
hier word sy lewendig onherroeplik geskend - so verdomp wreed
hortend beskuldigend - blind van pyn
die son sal vir haar nooit weer skyn

Geen mens haar hele lewe skade aan gedoen nie - net rustig in die volmaan gewy
so is sy vanoggend verblind deur pyn gekry
waar die onaardse geluid uit gesigopening kom
haar rug in pyn verwring en krom

Pangas het haar gesig lewendig oopgekloof
die bewyse van die wreedaards ontstellend soos hulle haar beroof
fyn bloed spat soos sproeireen om haar heen
ek kon nie help nie - ek het geween

Sy is nie meer bewus van mense naby haar
sy deel nou met 'n weggekapte gesig - dis naar
ek voel so magteloos
teen fokken stropers so boos

Ek is so jammer ounooi maar ons moet jou na 'n ander wereld help aanbeweeg
hierdie wêreld vol boosheid - geldmagte en kartelle so wreed
het die mensdom jou gefaal
dis dan beter dat jy gaan na wêreld waar geen lyding en pyn meer bestaan
ek sukkel - my oë vol traan

Vaarwel my liewe dier
jy het met jou lewe betaal vir die mens se gier.........



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Volmaan
Dis so so so wreed en so onnodig. Watter monsters doen so iets. Hoe kan mens hulle stop? Treffende gedig wat die wreedheid en magteloosheid goed uitbeeld.
6 jaar 10 maande 2 weke 1 dag 7 ure oud


Ai
Nou is ek ook in trane. Ek wonder of diè mense wat so geld maak uit hierdie bedryf OOIT enigsins ENIGE emosie sal voel as hulle jou gedig lees...ek dink ook hierdie is een van jou beste werke. Misken moet iemand die skuldiges se neuse afsny...terwyl hulle nog lewe...so voel 'n mens maar soms
6 jaar 10 maande 2 weke 1 dag 15 ure oud


Ag genade...
dis te erg. Ek huil saam met jou.
6 jaar 10 maande 2 weke 1 dag 20 ure oud


*
Dis baie erg! Kan nooit maklik wees om dit te moet aanskou nie. Goed verwoord!
6 jaar 10 maande 2 weke 2 dae oud


***
Ai, Bosveld, waardeur jy nie alles moet gaan nie.

Dis so 'n hartseer storie...
6 jaar 10 maande 2 weke 2 dae oud


Vaarwel ounooi
Ag, hoe grens ek nou saam met jou!

Ek weet mens mag nie haat nie, maar ek haat die boosdoeners maar bid ook tog vir hulle. Emosies bietjie deurmekaar.

baie dankie, weereens puik werk!
6 jaar 10 maande 2 weke 2 dae 8 ure oud


Volmaan
Skitterend - Puik werk hierdie!
6 jaar 10 maande 2 weke 2 dae 8 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Toe Snoeks nog Snoekie was

deur Manie Jackson

“Toe Snoeks nog Snoekie was” Is ‘n storie wat vertel word deur die klein malteser, Snoekie. eindlik is die storie vertelle my ma , Babs Lourens. Dit is die storie van al haar mense en die ander diere wat op die kleinhoewe net buite Pretoria saam met haar gebly het. Dis werklike gebeure en mense, dit begin ongeveer in 1995 – oor ‘n tydperk van ongeveer 6 jaar, geen fiktiewe karakters nie, net die gebeure uit die jong hondjie se oogpunt.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar