Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende


Het jy al soos ek
in die skemerte geluister
na ’n hond se vêraf blaf
of die veldgras se gefluister?

Het jy al soos ek
aand geluide aangehoor
van tarentale se geroep
onder by die watervoor?

Het jy al soos ek
in die dou-nat gras gelê
en sommer net geluister
na wat die kriekies sê?

Het jy al soos ek
in ’n silwer maanlignag
gewonder en gemymer
oor die grootse sterreprag?

Probeer dit tog gerus
en voel hoe dit genees
’n salwing vir die siel
en versterking van die gees.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

VOORSKRIF
Baie mooi gedig wat baie meer se as net die woorde wat ek lees. Ons kom terug na die oog wat nie sien nie en die hoor wat nie hoor nie. Alles in die grootse heelal, wat ons so maklik miskyk en mis-hoor.
6 jaar 6 maande 3 weke 6 dae 3 ure oud


vir die siel
hoe gou kyk ons al hierdie klein seeninge van die lewe mis..
mooi geskryf!
6 jaar 6 maande 3 weke 6 dae 14 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

ORAL IS MY GOD

deur Johann P. Boshoff

N.a.v. hoofsaaklik Psalm 139 word God se aktiewe teenwoordigheid in Boshoff se 36ste boek bepeins. Aandag word in 'n opstel ook geskenk aan die skryf van 'n oordenkingsbundel.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar