Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Dankbaar kan ons vandag voor U kniel o Heer
Al is ons harte soms nog baie teer
Want ten spyte van ‘n paar wye draaie
En benoude kruispaaie
Die afgelope 6 jaar
Het U ons vir vandag gespaar

Agtien jaar gelede het ons voor U beloof
Dat ons jongste ook eendag hier sal staan met gebuigde hoof
Om volwasse lidmaat te word van U kerk
En aan U gemeente voorgestel te word in hierdie blou kerk
Ons geloof is ook weereens versterk
Dat dit slegs gebeur agv U buitengewone goeie werk

Liefste Anele, gee jou hele lewe en bestaan oor aan God
Want, so sê die gebod
Wie in My glo sal vir ewig lewe!
Is dit nie tog waarna ons almal strewe?
Deur vandag se gebeurtenisse te herdenk
Wil ons ook so herbevestig jy is deur God aan ons geskenk

‘n Wonderlike jong dogter waarop ons baie trots is
Onthou, hierdie dag het vir jou veel meer betekenis
Die herdenking van Mamma se verjaardag,
En jy eendag, voornemende moeder, dis ook moedersdag
Maar bowenal my kind, onthou die heel belangrikste
Op hierdie en alle ander dae, God, kom altyd eerste!


9 Mei 2010



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Jou woorde helder en duidelik met erkentenis. Hierdie is ook 'n groot mylpaal in 'n mens se lewe en die tyd wat 'n mens die aflosstok aangee.
9 jaar 5 maande 1 week 2 dae 2 ure oud


pragtig, en geluk!
watter mooi gebed-gedig en watter groot geskenk aan haar, om haar die wysheid te bied, en die waaraheid te leer wat so mooi uitgebeeld is in jou laaste vers!
9 jaar 5 maande 1 week 2 dae 17 ure oud


hierdie is so mooi, my oë dof ook die skerm voor my.baie geluk met haar groot dag.
a.
9 jaar 5 maande 1 week 2 dae 17 ure oud



vir koeitjies en kalfies

deur Doret Johnstone-Robertson

'n Lekkerleesboek met kort stories vol liefde, spesiaal vir vrouens en kinders.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar