maak mens heel
wat klaar
gebreek het maak
mens vol wat
lê op grond hoe draai ek nou
die aarde en hoe
jy nou voel
hoe
vat my vingers aan
.n ander gly my
asem
breek die dam
hoe staan
ek heeltyd op
my knieë gebuig
in jou
teenwoordigheid jou
skoene nader
aan my ken
patrone van hoe
ek jou lief
het strepe deur
die lig geverf
my siel geskuif my
hart gegom jou
rug vir my
binne.pilaar gemessel
met my bloed en
sweet nou rose
praat met god
ek voel jou denke
in my mond ek volg
jou voete
deur die grond en
wag hoe modder
skilfers word ek
wag vir môre.dag
alweer jou muur
vir jou gesig
al is dit suur ek
kyk verby my
eie spieël
en sien die blinkers
binne jou
die soete ligte
na die suur die
woorde op jou tong
vervoer my wolke
na die son
.
Lees ander gedigte deur Tania Olsson
E-pos my as kommentaar gelewer word
Rapporteer foute/ongewenste inligting rakende die gedig
Stuur e-pos aan vriende aangaande hierdie gedig
Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae
FIKTIEWE VERHAAL WAT DIE ONGELYKHEDE VAN ONS VERLEDE EN HEDE BLOOTLê.