Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

veelkleurig liggies flikker aan ‘n groen kersboom
vertel van lank gelee van ‘n klein kindjie in ‘n krip
van nou se grootoog kinders se geskenkedroom
kersvader wat lag en geskenkies in ‘n kous inglip

dis helder dis lig dis vrolik oorkant die straat
hierdie kant ‘n ma wat trooswoordjies praat
wilmientjie wat met traantjies oorkant toe loer
seermaakvragies wat in haar hartjie bly boer
vra vir liewe Jesus my kind...

kyk almal kersvader is hier hy is gaaf en goed
hy’t duisend liggies om ons huis raak gesien
persentjies vir almal hier want hul was soet
“nie vir jou oorkant die straat ou arm wilmien!”

mammie hoekom kom hy nie na my toe oor
is dit my rokkie stukkend en gelap se skuld
of pappie wat sy werk en al ons geld verloor
mammie is kersvader dan net oor die bult?
vra vir liewe Jesus my kind...

wanneer kom hy wanneer kom kersvader dan
pappie maak tog asseblief gou ‘n ander plan
hy gaan loop en vergeet alweer van arm my
pappie gaan jy weer werk en ons ‘n geldjie kry
vra vir liewe Jesus my kind...

Here waar is U praat tog ja praat met my
hoekom mag my wilmien nie persentjies kry
sy het mos nie ons armoed en swaar gevra
Here wie gaan haar seer nog ‘n kersfees dra?

die liggies oorkant om rykman se blink huis
meer as in my leë beursie wat vir my grynslag
wilmien se traantjies my bitter houtkruis
hoe lank Heer moet sy vir persentjies wag?

mammie wat het ek dan verkeerd gedoen
hoekom kry net ander ‘n druk en ‘n soen
hoekom gee kersvader my niks is ek dom
hul sê my ogies is skeel en my neusie krom
liewe Jesus hoor jy my...

pappie hoor hoe lag en speel ander daar
Here wilmientjie se trane maak my klaar
help tog God hoor my smeek en gebede
wilmientjie soek oor en oor ‘n goeie rede
ek vra vir liewe Jesus my kind...

dis weer kersfees en stilte in my koue huis
wilmientjie se traantjies weg sy is nou tuis
Jesus self het haar toe ‘n geskenkie gebring
sy is nou ‘n engeltjie wat in sy koor kan sing
ek vra vir liewe Jesus my kind...

waarom Heer moet ek steeds my kruis dra
ek wil nie kerm o Vader ek wil regtig nie kla
maar my wilmientjie se traantjies op my wang
moet sy juis nou vlinders in U edentuin vang
vra jy vir liewe Jesus my kind...

my vrae is baie en my verlange nog meer
Here my hart is stukkend en huil van seer
kersfees sonder lag maar liggies oorkant
wys haar glimlaggie vir my nog net een aand
so vra ek liewe Jesus my engelkind...
mag jy al jou geskenkies by Hom vind
so vra ek liewe Jesus...amen



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Vra vir Jesus
So mooi en vol gevoel, mag Jesus waarlik uitstaan as die antwoord op die vraag :)
4 jaar 2 weke 4 dae 2 ure oud


liewe Jesus
Sit ek ook nou met 'n traan in die oog...
4 jaar 3 weke 1 dag 6 ure oud


--
Ai.. jou gedig het my nou skoon in trane.
4 jaar 3 weke 1 dag 21 ure oud


Ano
Vra
Sjoe, ek is absoluut sprakeloos! Dit se so baie van die onregverdigheid in die lewe en die kinders is die mees weerloosste van ons almal.
4 jaar 3 weke 1 dag 23 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Dans van die Vlammevers

deur Evelyn van der Merwe

100 Gedigte met inspirasie, humor en ‘n kykie na die ou dae.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar