Gedigte

Titel: Vrede
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Die vrag is swaar en die wa-houte kraak
Osse beur vorentoe, boontoe
Saam met die sonbesies se skrille geskree
Sleur die klanke van veraf geweervuur my mee
My hart is daar by die manne wat veg
Die hart van `n vrou wat hoop, wat wens, maar ook verag
Hierdie oorlog is `n groot gemors,
Duisende dood, vroue en kinders verkrag
Onnodig word soveel lewens verwoes
Is die wêreld nie groot genoeg
vir ieder om sy eie landjie te ploeg?
Traanstrepe blink op my wange
Vrede, o vrede, jy is my diepste verlange



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

vrede
diep en seer woorde hier gepen
5 jaar 9 maande 5 dae 3 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Van liefde en so ...

deur Robelle

Verse oor liefde in blom, in krisis, verlore ... verwerkte grappies in digvorm



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar