Gedigte

Titel: Vrede
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Is ons dan te besig
om ons liefde te bewaar
soms afwesig
al is ons daar

Loop ons die gevaar
om mekaar te verloor
weeg alles soms te swaar
kan ons nie meer bekoor

In die dolle gejaag
het ons ons wese verbrand
om ander te behaag
ons geluk verpand


Kom ons maak 'n keuse
om vrede te vind
met ons hele wese
die onreg te bind



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

vrede
Voortreflike rymgebruik. Hou hiervan.
4 jaar 11 maande 1 week oud


Vrede
puik gepen... in liefde moet daar nie n gejaag wees nie daar behaag ons net mekaar...
4 jaar 11 maande 1 week 6 dae 23 ure oud


Vrede
Puik gestel hier:
In die dolle gejaag
het ons ons wese verbrand
om ander te behaag
ons geluk verpand
4 jaar 11 maande 2 weke 18 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Volg net die Skoenlappers

deur Anria

Volg net die skoenlappers ... Binne jou hart is daar vrolike fladderende skoenlappers. Vir elke gevoel, ’n skoenlapper van ’n ander kleur. Wanneer jy gelukkig is, vlieg jou skoenlappers vrolik en vry rond net waar hulle wil wees. Hulle vlieg buite jou hart en reis die wêreld vol. Hulle bring vir jou geluk terug. Nou en dan ontmoet mens iemand wat jou skoenlappers vang en in ’n hok sit. Die helderkleurige skoenlappers vervaal dan ... hulle raak dof en vol stof en as jy nie self besluit om die hok se slot af te breek en jou skoenlappers weer los te laat nie, word hulle almal swart. Maar sodra die son weer ingelaat word, sodra ’n ligte windjie oor die swart skoenlappers waai ... sal die stof sommer self besluit om af te klim en jou skoenlappers se vlerke sal groot oop sprei en hulle sal weer die wêreld invlieg en jy ... dan sal jy weer weet hoe om te lag. Daar is altyd hoop.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar