Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Ek lê hier in 'n vreemde stad, in 'n vreemde bed;
'n vreemde lig skyn uit 'n vreemde straat...
Dan skielik ruik ek 'n bekende reuk en weet:
Dit is steeds my wêreld dié!
Dit was seker maar 'n tuinsproeier
(wat per ongeluk aangegaan het),
daar's mos waterbeperkings in dié geweste!
Maar dalk, net dalk, wat dit tóg 'n verdwaalde wolkie wat sy druppels hier laat val het...
Die reuk van klam grond is mos malmaaklekker!
Selfs 'n stofnat bring die nostalgie.
Die plaas se reuk,
die groentetuin,
die land se ploeg...
O stadsgewoel,
jou blinkligwonderwêreld is net skilferdun.
Natuur is selfs in sypaadjies en uitgedorde tuine steeds aktief.
Die aarde leef selfs onder teer en dik beton.
Met reën wat val is selfs die grootste stad
in my gedagtes binnekort net vrye veld...



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

stofnat bring die nostalgie
Die vars grond reuk, bring ou herinneringe en rustigheid, magiese stiltes, vlaktes. Ek soek die"awesomenes" in die natuur elke dag. Probeer stil raak en die prag wonder van ons Skepper aanskou, vergeet van die "rush" en drink net daardie wonder van die oomblik in.

Pragtig geskryf!!
3 jaar 8 maande 6 dae 6 ure oud


die weervoorspelling
jou 1ste 2 reels is..manjifiek.
my uitdaging aan jou:
vat daai twee reels....
slaan n skoon bladsy oor.....
maak jou oe to..
maak jou siel oop....

en laat die gedig himself verder skryf..
laat jou pen gaan..
3 jaar 8 maande 6 dae 8 ure oud


Bed
Baie mooi vasgepen en sad. Hoe lus raak ek nou vir daai klamgrondreuk!

As die klam grond tog net klam wil bly en die reën nie so suinig wil wees nie.

Hier is dit net n helse haelstorm nou en dan wat alles platslaan en die water die stofpad afjaag. Verder bly dit droog.
3 jaar 8 maande 6 dae 20 ure oud


Vreemde Bed
Die reuk van klam grond is 'n heerlike reuk, reën gee aan alles lewe. Groete
3 jaar 8 maande 6 dae 20 ure oud


Bed
Ek stem saam met Viooltjie!
3 jaar 8 maande 6 dae 23 ure oud


vreemde
Kyk nou net. Jy kan darem maar regtig as jy wil. met n bietjiie skaaf kan dit nog een van jou bestes wees. Ek het mos aan die begin vir jou gesê ek hou van die manier waarop jy die natuur beskryf. Ek sê dit nou weer hier aan die einde :-) jy moet jou prioriteite regkry, meneer. Jy moet meer gedigte skryf. Luister nou na die pers heks van Brackenfell. Sy't 'n goeie aanvoeling vir hierdie klas dinge

Dankie vir al die interessante gedigte en ander skrywes wat jy die laaste 3 jaar + op WOES geplaas het. Dit was aangename leesstof (meestal) :-D
3 jaar 8 maande 1 week 1 uur oud


5 druppels en sterk wind.
Op die plaas het die van 6 Januarie af 129 mm gereën, maardie laaste was 2weke gelede. Dit wors al weer droog!
3 jaar 8 maande 1 week 2 ure oud


Malmaaklekker
Het dit toe tog by julle gereent?
Van die sterkste heimweepyne kom by daai reuk van nat grond in hoogsomer.
Goed die gevoel vasgevang. Swernoot!
Dankie.
c];o)
vanToom
3 jaar 8 maande 1 week 2 ure oud



DVD-reeks, HOE HOOR EK DIE HERE SE STEM

deur Christo Nel

Hoe hoor ek die Here se stem? Soveel gelowiges vra gedurig: Maar hoe hoor ek die Here se stem in my lewe? In hiedie DVD-toerustingskursus gebruik Christo Nel 9 sessies om verskillende fasette van die antwoord op hierdie vraag vir gelowiges te belig.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar