Gedigte

Titel: Vrees
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

ek is jammer

ek dra die wêreld se eensaamheid
diep binne my hart
waar dit in my siel
soos lood gaan lê
tot ek niks meer as hierdie
hol donkerte word nie

ek huil snags soos
die Winter reën in die Kaap
wat sous sous sous
tot dit lyk of ek almal
om my saammet my gaan
laat verdrink in hierdie seer

ek is jammer
ek laat jou voel
jou liefde is nie meer
genoeg vir my nie

hierdie monster is
net te groot
te sterk
te donker
te veel…



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Vrees
.. daar is 'n groot hartseer by my ...
dat wanneer Woes uiteindelik toemaak, ek nie meer hierdie "amazing" gedigte van jou sal kan lees nie.
3 jaar 10 maande 3 weke 6 dae 16 ure oud



Sirkeldans

deur Driekie Grobler

Die foto van my boek wys nie op die advertensie wat julle geplaas het nie, kan julle dit asb vervang met hierdie foto. Baie dankie :)



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar