Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Vreugde bly my ontwyk
my hart se lyf reeds beswyk
verdor en seer belaai
van verwerping, wild gesaai.

Verlangend kyk ek uit
oor die golwe, vir die skuit
wat miskien vreugde heet
hoor tog my hart se kreet.

Ek wil ook mos dans
in vreugde se na-glans
‘n glimlag laat skyn,
voordat my lewe verdwyn.

Sommer uitbundig lag
vir die donker van die nag
jubellend in die strale van die dag
hunkerend sal ek hoopvol bly wag.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Van ons ander lede

Die Storie agter die Storie

deur Christo Nel

'n Bybelse dagboek waarmee jy in 'n halfjaar se tyd dwarsdeur die hele Nuwe Testament, sy verhaal en "nuwe wyn-waarhede" kan werk.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar