Gedigte

Titel: Vriende
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Die gelag van baie kan selfs die koudste hart warm maak
Die gelag van baie is veilig en broos
Die gelag van baie is wat dit so mooi maak

Lag vir my Here
Glimlag vir my siel
Smile vir my lewe, wys my wa's ek verniel

Lag vir my Here
Wys my waar ek pas
Gee my die grade waar my boot moet oorgee in sak en as

Stuur hulle Jesus
Vriend en vyand saam
Stuur hul na my eiland
Hier waar ek op my eie Robin Eiland staan

Genoeg alleen wees Here
ek beloof om op my eie te bly
maar ek vra mooi Here
stuur vriende Vader waaraan my hart vatplek kan kry



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Ai toggie
Ek weet hoe jy voel, dis 'n pragtige gedig
13 jaar 4 weke 18 ure oud


Jou Huis-stuk het my laat besef dat die getwissery wat al dae lank hier op Woes aangaan, irriterend is vir mense wat nie deel is daarvan nie. Eintlik selfs vir die wat wel deel is daarvan ook. Ek is nie van nature 'n bakleigat nie en sal my bes doen om van nou af nie te reageer op sekere skrywers se uitkoggelende kommentaar nie. Vriende sal jy gewis hier kry - hoop ek kan ook iets vir jou beteken.
13 jaar 2 maande 1 week oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Weerkaatsing van my hart

deur Elzabe Young Heyns

'n Mens se hart gaan deur seisoene, net soos 'n mens dit elke dag buite ervaar. Een dag is dit somer, die volgende dalk winter. 'n Storm en miskien dan weer 'n sonskyndag. Almal het van tyd tot tyd nodig om jou hart oop te breek, die gevoelns en emosies vry te laat en te ontleed; en dan ... gevul te word met die bevryding en aanvaarding van omstandighede en situasies in jou lewe.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar