Gedigte

Bladsye:
Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Met najaar se mankpoot het
wir-war wind harteleed ingestuif:

k a a l t a k
het my sielsoog gesleepvoet,
in 'n kil koue karosloos
gelamenteer

maar julle het my abbahart
geword toe ons weer
gousblomme in 'n laglaning
kon plant

in lilla en reebruin het ons
fladdervrolike flappe
met voorjaar ingestulp
terwyl Afrika se son-engel
oor ons brandwag

in die slotalinea word
elke bitterbessie uitgekap,
lê ons Ikabod neer en
s a m b r e e l
b
o
o
m
ons mekaar



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

.......
Verblydend vars en mooi.
5 jaar 6 maande 1 week 2 dae 11 ure oud


Vriende
Pragtig, Carla!!
6 jaar 4 maande 1 week 6 dae 13 ure oud


die weervoorspelling
very nicely done.
en sag kosbaar.
Mooi gepaint.
6 jaar 4 maande 2 weke 5 dae 21 ure oud


Vriendskap
Ek moes net hierdie gedig weer 'n keer lees. Dit is pragtig. Welkom terug.
6 jaar 4 maande 2 weke 6 dae 12 ure oud


Vriendskaps-idylle (opgedra aan al my vriende)


"...lê ons Ikabod neer en
s a m b r e e l
b
o
o
m
ons mekaar..."

Pragtig en dankie!
6 jaar 4 maande 3 weke 6 ure oud


vriende
en hier trek jy 'n gedig uit wat mens oor en oor moet lees...wragtag pragtig Carla!
6 jaar 4 maande 3 weke 13 ure oud


*
Baie dankie vir elkeen van julle wat gelees het, ek waardeer dit regtig opreg. Ook vir soveel mooi kommentaar. Moet asb. nie huiwer om enige kritiek terug te hou nie. Ek het 'n probleem op woes om die plasing van my woorde reg te kry wanneer 'n sekere tipografiese effek wil skep. Al die letters word na die linkerkantste kantlyn verskuif en ek weet nie hoe om dit reg te kry. As iemand dalk kan help sal ek bly wees.
6 jaar 4 maande 3 weke 16 ure oud


idylle
Carla jou woordgebruik is uitsonderlik kreatief.
Ek hou van die klanknabootsing
en die oorspronklikheid van die uitleg!
Puik werk!
6 jaar 4 maande 3 weke 17 ure oud


Vriende
Volpunte en welkom terug.
6 jaar 4 maande 3 weke 18 ure oud


Ag dankie...
dat jy weer terug is en dit met hierdie stukkie heerlike woordkuns! Ek salueer jou. :)
6 jaar 4 maande 3 weke 1 dag 6 ure oud


Vriende
Sterk verwoord - 'n kragtige boodskap - pragtige werk!
6 jaar 4 maande 3 weke 1 dag 11 ure oud


Vriende
Welkom terug. Dankie vir 'n besonderse gedig.
6 jaar 4 maande 3 weke 1 dag 11 ure oud


Vriende
Goed om weer van jou te hoor Carla..dis sommer 'n uitstekende gedig...
6 jaar 4 maande 3 weke 1 dag 12 ure oud


vriendskap
Ek is bly jy is weer terug by ons. Jou gedig is lieflik. Ja daar kom n tyd wanneer jy besef wie jou ware vriende is, en hulle is dan vir jou meer as goud werd.
6 jaar 4 maande 3 weke 1 dag 12 ure oud


Vriendskap
Uitstekende gedig, dankie :)
6 jaar 4 maande 3 weke 1 dag 12 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


    Geborg deur :

    Van ons ander lede

    Treë na Innerlike Genesing

    deur Leonard John Holmes

    Hoe werk mens deur die verlies van ’n geliefde? Hoe hanteer jy die depressie, haat en selfverwyte op ’n jong ouderdom? Hoe vind jy God as jy Hom nog nooit persoonlik geken het nie?



    picture

    Kompetisies

    Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

    picture

    Nuusbriewe

    Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

    picture

    Winkel

    Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar