Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Toe sy uit haar koma kom
hier in die uittreklaai
se vergeefse roep
probeer sy haar oë draai
probeer sy haar hande roer
maar het haar lê verlood
is dit net haar brein wat nog werk
want hy gaan mos laaste dood

Waar is sy? vaag die onthou
haar suiker was op sy uiterste hoog
en nog voor sy insulien kon kry
het sy diep, diep weggesink
ver, ver tot in die vergetelheid
weggegly

Haar hart skakel byna af van skok
hulle dink waaragtig sy is dood
haar emosie-rat gaan oor tot wrok
wanneer word sy bloot
begrawe, môre, vandag?
'n rooi lig flits in haar kop
iewers hoor sy Skoppensboer lag
wat doen 'n mens in nood?
jip, Jona in die vis se maag, bid
pleit, pleit, aanhoudend sonder talm
asseblief o Heer, stuur antie Mary
sy is nog al een wat glo en dit is vrieskoud
help, help! vrieskoud, pleit sy weer en weer

*

Antie Mary spuit die roosakker nat
verwonder haar aan die pikswart vlinder
toe meteens 'n boodskap haar gedagtegang
deurbreek, val die pyp al krulspuwend
soos 'n duiwelslang, uit haar hand -
wag, daar kom dit weer:
vrieskoud, help, help!
dis Pixie! gil antie Mary oorstelp
is sy net in 'n koma, dalk gladnie dood?
doodsbleek droog sy haar hande af
aan haar bont voorskoot

Beangs druk antie Mary haar ore toe
maar in haar siel bly pleit, pleit dit voort
help, help! vrieskoud, help!
sy voel naar met haar hart skoon oorboord
nee, Here, die pad wat U my nou wys
hoe kan ek 'n dooie as lewend gaan opeis?
nee, almal sal met my spot
die Media, die Paparazi-
en die hele kerklike lot!

*

Help, help, dis vrieskoud
stuur antie Mary asseblief o Heer,
bly pleit, pleit dit uit die laai
heen en terug
in antie Mary se dowwe kop
tot sy rasend
die huis invlug

Help, help, vrieskoud, o Heer
is dit dan u wil
dat niemand meer my begrafnis gaan keer?
en toe uiteindelik die sein
al lank reeds het verstil
staan antie Mary vir dae steeds afwesig verlore
met albei haar wysvingers
in haar twee ore

©Elizabeth Greef - 10/01/2016





Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Koud
'n Hele storie in een gedig en erg boeiend daarby! Puik gedaan!
4 jaar 1 maand 5 dae 8 ure oud


laai
sjoe, nou het ek darem lekker gelees aan hierdie storie.Baie goed vertel :-)
4 jaar 1 maand 1 week 2 dae 6 ure oud


Vrieskoud in die laai ....


En sulke dinge gebeur glo nog regtig in ons verligte eeu!
Heerlik gelees en baie dankie mensie, jy bly 'n ster.
4 jaar 1 maand 1 week 2 dae 9 ure oud


die weervoorspelling
dis nou bleddie kreatief en oorspronklik en meesleurend...
Jip..mens kom nie maklik uit daai laai nie.....

wonder wat haar water rekening was.....

*************
4 jaar 1 maand 1 week 4 dae 16 ure oud


***
Stem saam met Neels...
4 jaar 1 maand 1 week 4 dae 17 ure oud


mary
brrrrr n riller in digvorm goed geskryf
4 jaar 1 maand 1 week 5 dae oud


Aunty Mary . . .
Het sy toe nie gepraat nie? Sjoe, wát 'n storie!!
4 jaar 1 maand 1 week 5 dae 3 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Stromateia: 'n Lappieskombers van Gedigte

deur Vesting

Op aandrang is die gedigte van Vesting wat op Woes gepubliseer is, in boekvorm uitgegee (A5, slapband, 28 pp). Navrae: 072 4078561



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar