Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Dis elke man se droom wil ek beweer
onmoontlik sal die slimmes wel seg
om die volmaakte vrou te wil begeer
en met hegte verhouding aanmekaar te heg.

Wat ek wil hê in ‘n vrou is tog nie vergesog
sy bestaan, ek weet sy is daar erens buite
so seker soos die dou van die dagbreek vog
veral as jy hoor ook die voels se oggendgroet fluite

oë volrond ,dalk soos oseaan se blou
wat pas by seer of geluk se soutsmaak traan
oë wat my tuur vir ure gevange hou
hoeveel manne kan saam my die gevoel verstaan

lagplooitjie hier en dalk ook glimlaggend daar
met liphoekies wat elk na eie oor toe trek
dan dimpel en kuiltjie vorm om na te staar
selfs nie te vergeet van prag slanke nek

perfekte lengte met mooie hare dos
hare bruin en effe meer met rooi gekleur
gekleur (au naturel) wat net fraksie duurder kos
paar sonstrepies, nie te veel wat dan natuur versteur

gestel op oefen vir regte perfek figuur
selfs moeder, met kind of meer, het skoonheid blank
moet weet wat,s nodig te sweet net soveel uur
te herwin die regte lyf vir haar so slank

ek sal haar bystaan deur dik en dun
veral as sy saam met my ons Jesus dien
ons sal mekaar dan wederkerig liefde gun
dat almal om ons die sprankel kan sien

sy sal die een wees wat my hart laat woestend klop
wyl ons hand aan hand verken die veld en geniet die nuut ontdek
om weer soos kinders te speel en saam oral rond te hop
en te stut en help, ons hande na mekaar ver uitgestrek

Droomvrou wat tot God sal bid, ook kniel
wat lank sal lewe omdat sy ouers eer
selfs regte verkwikking te kry vir skone siel
merkwaardig is die vrou by wie sy al haar deugde leer

met so vrou in my lewe word ek vrywillig vasgevang
ek haar kan gee soveel ek kan, haar liefdes rose
te deel met haar in saamwees vriendgesang
sal sy steeds bly vir my, my enig uitverkose

vir my sal sy bly die mooiste roos
te gedy, fris en vars in helder lentebloei
teen tyd te veg, tesaam alles beleef en deel wenslik eindeloos
saam, ineengespin, ge-ent om saam te groei

haar te nooi om te rus knus hier in my kuiltjie
en sonder woord gesels, te kommunikeer
mekaar te troos vir elk kleine huiltjie
soos Jesus vir ons ook troos as Heer

nimmer deur my, haar in liefde verlaat
dank aan Eugene Marais vir inspirasie om te beskryf my lewensmaat.



Spaar Geld op Versekering

Kommentaar

sjoe!!!!!!!!!
5 jaar 2 maande 1 week 6 dae 20 ure oud


Droomvrou
Jaag jou drome na dan word hul soms waar.Hierdie een sal die kersie op die koek wees.Goeie gedig.
5 jaar 4 maande 2 dae 3 ure oud


so 'n juweel sal jy vind. ons Vader se genade in Sy beplanning is kosbaar.
a.
5 jaar 4 maande 3 dae 5 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons Premium+ lede

Dagboek van die tuinvoëls

deur http://www.woes.co.za/

Spesiale gevalle van interaksie wat tussen die tuinvoëls onderling asook met ander wesens plaasgevind het.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar