Gedigte

Bladsye:
Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

jy meneer ...met jou kanonloop mond meneer
ja jy... met jou verbale mishandelings mond is geen heer
jy skiet skel verbale kanon koeëls wat siele beseer

jy meneer ...wat teen vroue jou vuiste stuur
ja jy... gaan staan, slaan vir ‘n uur teen ‘n muur
jou vuiste kan pyn brand soos ‘n vrou pyn verduur

jy meneer ... met jou verkragtings instink
ja jy... wat vrou en kinders verkrag en vermink
mens beskou jou siel as verrot en stink

nie ek of vrou verstaan jou onmenslike instink
maar God sal eendag daaroor moet bedink
omdat jy vroue en kinders se siele vermink

jy meneer... jy mag dalk sê jy is ‘n ongelowige
ja jy... ek is jammer vir jou... jy ongelowige
jy het ten minste menslikheids liefde nodiger


jy jou mishandelaar van kind en vrou
as ek my sin kon kry nou
neem ek ‘n terugwerkende tydreis
ek ‘n gladiator wees op my reis


jou as opponent wou hê
jy op die grond bly lê
my swaard oor jou hoof hang
Ceasar sy duim afwaarts hang


met een Zeus swaard hou jou onthoof
dat die leeus jou liggaam verorber en roof
jou kop op die ashoop vereer
waar maaiers jou brein kan verteer



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Z
'n Uiterse sterk gedig wat die leser in die minagting teen die karakter.
My vraag egter - Is een Zeus swaardhou nie te vinnig 'n einde nie?
4 jaar 2 maande 6 dae 7 ure oud


mishandelaar
siek mense wat nie hulle man kan staan nie en dit nou op vroue en kinders uithaal. Hierdie werk behoort n ereplek in enige digbundel te kry.
4 jaar 2 maande 6 dae 22 ure oud


VROUE MISHANDELAAR
Verbrandende -maar nog minder as wat nodig is!- emosies wat jy hier uitspuug. En tog is dit nog nie genoeg om sulke hierjymense, uitvaagsels skorriemorries aan te spreek nie. Persoonlik dink ek dat die Regering van die dag (Is dit nou Ntuli-huis of nie?)klaaglik meedoen aan hierdie verminkings van liggaaam en gees deur nie die doodstraf her in te stel nie!
4 jaar 2 maande 1 week 10 ure oud


vrouemishandelaar
Ek stem dat daar geen simpatie met hulle moet gepaardgaan nie. Niemand gee hulle die reg om hetsy verbaal of fisies dit aan ander te doen nie. Jou frustrasie en woede met hierdie onderwerp goed weergegee.
4 jaar 2 maande 1 week 15 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


    Geborg deur :

    Van ons ander lede

    DAG VAN DIE BLOEISEL

    deur Johann P. Boshoff

    "Dag van die bloeisel het my gevange geneem vanaf die eerste bladsy. Skielik was ek terug in my tienerjare – bewus van die tere vitaliteit van jeugdigheid. Die karakters kry lewe in persone wat ek iewers geken het. En wat ek wéét vandag nog rondom en tussen ons is. Dit is die soort eerlike boek wat ek enige tyd in die hand van ‘n Christen-tiener sal plaas." -- Dr. Ralph Barnard, skrywer, predikant en teoloog



    picture

    Kompetisies

    Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

    picture

    Nuusbriewe

    Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

    picture

    Winkel

    Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar