Gedigte

Titel: Vryheid!
Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

ʼn Ossewa wat krakend oor die wapad gaan
blink afgeëts in die skemerbaan

wasig teen die deining wat glimmend gloei
in die son wat sy strale in koper laat bloei

bultend teen die wind wat skeur
teen stomme os se vastrap beur

geboë deur bloed en stof en sweet
in die klinkende knal van die klappende sweep

krampagtig oor die vlaktes kring
maar weer standvastig voorwaarts dring

klink die Boer se versugtingslied
Vryheid! Vasgeskryf in blou doleriet.


© C. Potgieter 2013-03-10

*Groot Trek 175 jaar herdenking



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Z
"...in die klinkende knal van die klappende sweep..." Wonderlike alleterasie. Laat my dink aan "...die osse stap aan deur die stowwe - geduldig, gedienstig, gedwee..."

Ek maak hierdie uitstekende gedig 'n gunsteling.
6 jaar 11 maande 1 week 3 dae 5 ure oud


*
Ek onthou hoe het die Groot Trek se geskiedenis my as kind geboei. Ek het my so ingeleef as die onderwyser dit oorvertel het. Het nou weer so 'n stukkie nostalgie daarvan met hierdie gedig van jou beleef! Mooi!
6 jaar 11 maande 3 weke 3 dae 12 ure oud


Aanhou
Jinne en Dan kla ons so maklik!. Fantasties neergepen
6 jaar 11 maande 3 weke 4 dae 4 ure oud


Vryheid
Uitstekend neergepen. Al die bloedsweet speel voor my geestesoog af. En waar is die vryheid nou?

Laat mens dink.
6 jaar 11 maande 3 weke 4 dae 10 ure oud


Vryheid
Welgedaan!
6 jaar 11 maande 3 weke 5 dae 3 ure oud


Vryheid
Pragtig en raak geskryf.
6 jaar 11 maande 3 weke 5 dae 6 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar