Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Enjin brul –
‘n klank
‘n eie wil.

Beloftes van
Vryheid
Adrenalien
Bitter smaak
In jou mond
Polse in hoogste rat
Krag gevoel
wat woel
onder jou gat.

Pak die bul
aan die horings
Draai sy oor
voel ’n koning

Getroue slaaf
Vat jou ver
Vinnig
Vry...
Tot waar
jy wil bly.

Ontsnapte ...
Tyd gegun
jong te voel
Wind op jou
vel hemels, koel
Rebel !
vir 'n doel

Jy en jou perd
By mekaar
Hier is
geen snert,

Verstaan mekaar
Vra niks meer,
as vry wees
die kortstondig
ontsnapping van gees.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Ek wil ook!!!
Lana, baie mooi! Ek probeer nou al 'n rukkie om te skryf oor my ervaring om my eie motorfiets, maar die woorde kom net nie reg nie. My maag wat saamtrek sodra ek nader staan met my sleutel en die oomblik wat my Bandit knor, kan ek nie beskryf nie. Ek ry nog seker te kort, want die adrenalien neem heeltemal oor sodra ek naby my bike kom. Dankie
12 jaar 7 maande 4 dae 5 ure oud


Vryheid
Hallo
Ek sukkel nou al van einde verlede jaar om 'n stuk te skryf oor die onderwerp, mooier en beter sal ek beswaarlik kan, ek gaan nog skryf, jy het my inspireer, dankie.
13 jaar 2 weke 3 dae 14 ure oud


bike
ja daai gevoel van vryheid.hou hiervan.ek ry n' yamaha r6.het n' r1 gehad.haar drie maande terug afgeskryf om n' draai.baie gatvol daaroor.watse honda ry jy.
streit.
13 jaar 2 weke 6 dae 9 ure oud


Haai jy
Sukkel jy nog om by my lyntjie uit te kom ? Het vir jou 'n "gekry" possie gestuur.
Probeer tog nog jong, weet nie mooi wat aangaan met die lyne nie.
Ek het ook "baaik" gery, vir baie lank, en oorweeg dit sterk om maar weer te begin, bloot vir die petrol pryse!
Wag vir jou mail!
Antjie
13 jaar 2 weke 6 dae 10 ure oud


HALLLLLOOOOOOO
Hallo jy.

Dankie tog, lyk of ek nie meer stoksielalleenoppie
wereld se kaart gaan wees nie.!

Praat later

Groetnis
Antjie
13 jaar 1 maand 6 dae 11 ure oud



RANGEERWERF

deur Johann P. Boshoff

Hierdie selfpublikasie, met die volledige titel RANGEERWERF: DIE WAARHEID GELIEG, bestaan uit nege (9) homofiliese kortverhale met sterk biografiese inslag opgeneem. Dit is 'n rangering deur die lewe.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar