Gedigte

Titel: Waai Wind
Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

waai wind
oor vlaktes, veld en berge
loei om skeure voue en mure
tel stof, tolbossie en blare op

waai wind
hardloop deur landerye en boorde
vorm warrelwinde op oop paaie
neem jou tregtervorm stof hoog bo die aarde

waai wind
maak jou draai oor damme en see
skep met lus tregters vol water
bring bymekaar in ope hemel

waai wind
vorm groot donderwolke
neem hul saam na dorstige lande
waar groot druppels op dorre velde kan val.

©ANS BOTHA



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Z
Goed geskryf
4 jaar 11 maande 7 ure oud


Wind
Uitstekend beskryf. Laat my dink aan die Kaapse Sedoos wat alles in sy pad weg vee.
4 jaar 11 maande 13 ure oud


Waai wind
Staande applous!!! PUIK gepen!
4 jaar 11 maande 18 ure oud


Wonderlike wind!
Ans,

Goed geskryf. Die wind moet omtrent wye draaie gooi om die seën van reën te bring.

4 jaar 11 maande 21 ure oud


wind
Ans jy oortref jouself hier
4 jaar 11 maande 1 dag 2 ure oud


Wind . . .
hierdie is regtig baie, baie goed gedoen! Ek hou van die herhaling van die strofe "waai wind" regdeur.
4 jaar 11 maande 1 dag 6 ure oud


Waai Wind
Die wind bly maar die besem van die aarde om van die ongewenste dinge in ons kontrei van ontslae te raak
4 jaar 11 maande 1 dag 12 ure oud


wind
Daardie wind het inderdaad 'n wye kegeldraai gaan maak. Mooi gepen.
4 jaar 11 maande 1 dag 13 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

ORAL IS MY GOD

deur Johann P. Boshoff

N.a.v. hoofsaaklik Psalm 139 word God se aktiewe teenwoordigheid in Boshoff se 36ste boek bepeins. Aandag word in 'n opstel ook geskenk aan die skryf van 'n oordenkingsbundel.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar