Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Ek het jou ontmoet toe ek nog n jong seun
Was, ‘n snuiter van so twaalf, jy was ouer
Veel meer ervare , ek kon nie op jou steun
Jy het my bene onder my uitgeslaan
Ons was van die baan
Ek was vasgevang, sag soos meel
Maar jy, jy het net met my kom speel

Jy het verdwyn, jare het ek na na jou gesoek
Maar jy was nie te vinde , nie om die draai of hoek
Sporadies het jy vir my kom kuier,
Dan het ek weer gesteier
of dalkies was ek nie gereed vir jou,
Of jy wou my nie he, want dan was jy weer vort

Vir n wyle as jong man kom wys jy weer hoe jy lyk
My van voor af gekul, want dan was jy weg, en dit blyk
Weer n kim te wees, want ek soek jou om die hoek
En ek soek jou om die draai, maar jy bly soek

Ek toe eweskielik vind ek jou.
gaan jy die slag bly of lag jy in jou mou
Ja…ek kan nie glo dat jy besluit het om te bly
Oor my hart het jy gestreel en in my lewe in gegly

En ons is vandag, ja 10 februarie 2015
Al 8576 dae tesaam

Dankie LIEFDE dat jy die slag jou intrek
geneem het… In hierdie hart van my



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

waar is jy
Great! Mooi geskryf en nou dit happy ever after
5 jaar 8 maande 2 weke 4 dae 21 ure oud


waar is jy
Baie dankie vir jou pragtige bydrae tot die Liefdes projek
5 jaar 11 maande 3 weke 1 dag 22 ure oud


Marisa Calitz
Marisa Calitz
Waar is jy
Lank lewe die liefde
5 jaar 11 maande 3 weke 2 dae 17 ure oud


waar
En so seëvier die liefde. Mooi gepen
5 jaar 11 maande 3 weke 2 dae 18 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

tussen woorde se oop spasies

deur BennyB

Die bundel dra ek op aan elke leser. Al word slegs een mens deur die verse geraak, al gee dit slegs een mens hoop dan is my hart rustig en nou en môre vir my perfek!



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar