Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende


Waar is ‘n plek waar jy stil kan raak,
natuur, dierelewe in sirkel ontwaak,
met vrugteboorde enorm groot,
eet almal lustig-ongestoord voort.

Waar is ‘n plek vol sprankelfonteine,
sonder suurwater-afval van myne,
groen grasperk om aardbol drapeer,
‘n wagstaan engel om seer te keer.

Waar is ‘n plek wat onwerklik wink,
elk kan daar ‘n vreugde-glas skink,
bekommernisse agterweë gelaat,
almal ordentlik met mekaar praat.

Waar is ‘n plek met uitstrek wye oseaan,
mens al jou hartseer en sorge laat gaan,
o gedoriewaar! sou dit nie wonderlik wees,
as ons almal nou daar vergader in gees.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Z
Hierdie sterk gedig is puik geskryf. Ek dink egter die slot kort so bietjie aandag.
4 jaar 8 maande 1 dag 5 ure oud


waar is plek
baie mooi neergepen, pragtige bydrae
4 jaar 8 maande 4 dae 2 ure oud


Waar is 'n plek
Dit klink so idilies. Pragtig gepen.
4 jaar 8 maande 4 dae 5 ure oud


Waar
Baie Waar! Waar?? Baie goeie aanslag..
4 jaar 8 maande 6 dae 12 ure oud


plek
Evelyn wat jy beskryf klink vir my ook na die tuin van Eden voor die sondeval
4 jaar 8 maande 6 dae 17 ure oud


Waar is
Ek hoop ek vind eendag daardie plek, dit is so pragtig beskrywe, dit kan nie anders as pragtig wees nie.
4 jaar 8 maande 6 dae 21 ure oud


Plek
Dalk is hierdie plek wat jy beskryf die paradys voor die sondeval.
4 jaar 8 maande 6 dae 23 ure oud


plek
Dink ook dis die hemel, baie mooi!
4 jaar 8 maande 1 week 1 uur oud


waar is n plek
Jy beskryf die Hemel.. puik gepen!
4 jaar 8 maande 1 week 3 ure oud


Waar
Ek glo ek bly in die hemel. Want al daai goed wat jy beskryf het ek behalwe die oseaan. Mooi geskryf, seker net vir my.
4 jaar 8 maande 1 week 5 ure oud


Waar.
Hierdie plek is defnitief nie hier op ons ou aarbol nie. Bel my ook as jy hierdie plek vind.
4 jaar 8 maande 1 week 6 ure oud


Waar is 'n plek
Dis 'n goeie vraag. Soms wonder ek of daar ooit so 'n plek op aarde is.

Pragtig.
4 jaar 8 maande 1 week 7 ure oud


waar is die plek
Bel my asb as jy so n plekkie gekry het.
Wat n heerlike salige gedig, ek voel self lus en gaan soek so n rustigheid. Dis n lieflike gedig.
4 jaar 8 maande 1 week 7 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

DIGSELS: 'N LEWE IN VERSVORM

deur Johann P. Boshoff

Hierdie bundeling van die digter se "oorgeblewe" Afrikaanse nie-opdragwerke sedert die 1970's is bedoel om biografies gelees te word. Wat 'n reis!



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar