Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

daar waar koppe soos klippe sing
weergalm die hoë kranse
aanhoudend om die klipstapels
van ongenaakbare werklikheid

hoor jy die eensame wind -
sien jy hoe hy sy groot hand vryf
oor die onvolmaakte kop
van onverganklikheid ?

gekke lag in hul drome
want selfs hulle weet
geen nuwe lewe sien daar die lig
in niemandsland -
'n formidabele rotsfiguur
met klipharde tiete in goud beslaan
bewaak die ingang
elke sawensuur

geen lewende siel woon
of sterf daar -
ook die onstuitbare satan
het die onaanvaarbare aanvaar -
daar is vir hom
geen verleibare siel te vinde
om harde, wit oneetbare klippe
as brood aan te bied

niemand wil
in afgesonderdheid
reïnkarneer -
selfs die gevalle engel
het nie daar geland -
slegs die gewillige hemel
vou steeds beskermend blou
om die hoë kranse en koppe

embleme
van eensaamheid
is getint
op die koppe wat soos klippe sing
en saamloop met die wind
en selfs die prag
van elke volmaakte blom
skend



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

The Road to Eden

deur Rachelle du Bois

Once rich and still beautiful, Eve Vermont’s life was in tatters. She found a job as house manager with the wealthy and powerful Blythe family. She soon realised that the compelling Adam Blythe was determined to uncover the painful secret of her past. She was forced to accept that he wasn’t going to stop until he knew what brought her to Oak Manor but was she prepared to open up and allow him to know her as he intended? Or would she keep hiding from Adam and the world? Adam Blythe found a stylish, beautiful and mysterious woman in his home. As house manager. She was totally unsuitable for the job, and he felt compelled to find out more about her. And as he uncovered the layers of this incredible woman, his love for her grew and he knew he had to keep her at Oak Manor at all costs. But would she stay?



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar