Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

As tyd vir ons almal beskore was
wat sou die prys dan gewees het
om te gee is om te ontvang
wanneer jou hart vlam vat
of vir wat is jy nog bang?

as die woorde vorm in jou mond
en jy dit smoor met jou asem
wie sal verstaan
wat in 'n hart brand

waar lê jou horison
as jy net voor jou uit staar
wanneer moet jy vashou
en wanneer moet jy laat gaan
as die skok elke snik
op jou bors aanwakker

die hulpeloosheid omhels jou
die droë trane wat so liefs nog kleef
soos die vergeefse kanker
wat hoop wil steel

ek skree myself naar
tot die genadeloosheid van realiteit
my angs en hartseer kom haal
waarheen sal 'n siel heen verdwaal
met die geleende tyd

wat vertel jy jouself
as die wêreld snags slaap
die roue werklikheid wat jy uitbraak

deur die genade van Bo
probeer jy sin maak en glo
want wat is ons as mens
....
maar net stof van die aarde
of is ons meer
uit die oog van God se lens...

Chantelle Holder
26 Augustus 2014
© 2004



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

waar le jou horison
pragtig gepen!
5 jaar 7 maande 4 dae 22 ure oud


waar le jou horison
goeie vraag ne? n lieflike gedig.
5 jaar 7 maande 6 dae 7 ure oud


die weervoorspelling
jinne...lank verlore..en terug.
2004?
..dis lank terug.

Goed geskryf.

Dig jy nog?
5 jaar 7 maande 1 week 1 uur oud


horison
Pragtige gedig hierdie, dis met baie gevoel geskryf.
5 jaar 7 maande 1 week 7 ure oud


.
Ek mis jou hier op woes ♥
Ek soek nou tenminste een keer 'n week 'n gedig van jou hierop, dan later weer daagliks!

Dis vreeslik mooi geskryf, diep en roerend. Met 'n sterk boodskap.
5 jaar 7 maande 1 week 1 dag 1 uur oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Vir vanaand sal ek net jou hand vashou

deur Zymrly

Gedigte saamgevat oor die seer van die lewe. 'n Handvol emosies wat aan die hart raak omdat die tonele, gedagtes en emosies deel is van elke dag se lewe



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar