Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Vandag strek na 'n blinkoog môre -
gedagtes spartel teen die toekomsgrens.
Vaartbelynde getye glip weg in onklaar verhale 
waar woorde deur vingers val sonder vashouplek
maar fantasie 
fantasie golf volrond in die mond
met die soetwens van ʼn droom.

© C.Potgieter 2014-04-30



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

A-ja-a
Só swerf die fantasie omheen.
Volrond met die soetwens.
Mooi, dankie.
GvT
5 jaar 8 maande 3 weke 6 dae 22 ure oud


fantasie
Hierdie is vloekwoord mooi!
Ek is MAL daaroor!
5 jaar 9 maande 4 dae oud


waar more wink
lieflike gedagtes in hierdie gedig, pragtige woorde.
5 jaar 9 maande 4 dae 6 ure oud


Baie bly om jou weer te sien!
Hierdie môre-gedagtes vang die droom!
5 jaar 9 maande 4 dae 8 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

KOPERMAAN tot SPIKKELPELIKAAN

deur Viooltjie

Hierdie bundel bevat 80 oorspronklike gedigte wat vir enige leser toeganklik sal wees. Dit is gedigte waarmee mense kan identifiseer. Dit sal jou nie onaangeraak laat nie. Natuur, omgewing en bloot net ménswees kom baie sterk hierin na vore.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar