Gedigte

Titel: Waarhede en naarhede

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Die skok veroorsaak
Dat ek jou skielike skuld erkenning in asem
En agter my tande betrap
En tussen my wange vasvang

Ek het mos vroeg geleer
Om die tekens te ignoreer
En jou leuens te glo
Ek was vir te lank geneig
Om an jou valsheid soos ‘n stokkielekker te suig

Jou bloeiende, blootstellende geheim
Begin teen my tong en my tande vas te roes
So taai soos toffie, bitter soos moerkoffie
Bind dit my antwoord an my verhemelte vas

Die spoeg op my lippe
Is besmet met jou verraad
En jou patetiese verskonings
Van “so jammer” en “te min praat”

Terwyl jy ‘n tree terug trap
En voor jy my oë kan vergeet
Vat ek ‘n laaste hap
Ek sluk ons geskiedenis in

Met my kop tussen my knee
En die smaak van gal in my keel
Val die naarheid my oor

My braking onderbreek die stilte
En die teerpad word verkleur
Met ons verrotende liefde



Kommentaar

Jy skryf baie rou
1 jaar 5 maande 2 weke 1 dag 22 ure 23 minute oud


Puik woorde ...Ai dit het lekker gelees en mooi uit gedraai ....Stuur hom warm plek toe
2 jaar 2 maande 3 weke 2 dae 23 ure 10 minute oud


Ja, die nare waarheid...

Nice!
2 jaar 3 maande 4 dae 23 ure 30 minute oud


ja, van soveel leuens wat oor mens stort, kan jy nie anders as om naar te word nie. Mooi geskryf. L.T.
2 jaar 3 maande 5 dae 19 minute oud


verraad uitstekend verwoord!
2 jaar 3 maande 5 dae 19 minute oud



Gedoria

deur Martha Maria Jones

Gedoria is my debuut digbundel. U kan dit koop by www.afrikaansenuusagentskap.co.za of u kan my kontak by 0760176453. Ek is tot alles in staat deur Christus.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar