Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Wat het geword van ons samelewing?
Waar is die geluk en samesyn?
In die nuus en koerante vandag
Al wat ek sien is net hartseer en pyn

Families verskeur deur egskeiding, aids en tik
Die lewe is nie meer soos deur God beskik
Morele verval van die mens, morele verval van gesin
Sê my hoe het dit so gekom en wie het dit beskik

Die opbrengs van kind en morele draad
Wie bepaal dit en wie se taak?
Die government, die skool die kerk?
Wie is verantwoordelik, sê my wie se werk?

Wat gaan aan, wat het gebeur?
Morele verval is by die deur
Wat wou, morele veval by die deur?
Liewer morele verval is dwarsdeur .

Die huwelik man en vrou
Bymekaar en aan mekaar getrou
En kinders ondergeskik
Soos God dit vir die familie beskik

Die gesin en die eenheid daarvan
Die bloudruk van die samelewing en God se plan
Gee geluk, bekerming en geborgenheid tot ons beskikking
As ons God se wette gehoorsaam en leef in Sy beskikking

Kyk dus nie rond na die government vir rigting
Wat wette gee soos gay marriages, aborsies en kinderregte
Maar kyk na die woord van God vir rigting
En volgens Sy woord, kom na jou verpligting



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Kommentaar
Hallo Kinnear. Jou gedig bring weer die groot vraag soos sy titel "Waarheen nou?". En ek dink almal wat jou gedig lees moet so 'n bietjie daaroor gaan dink. Die vyand en sy trawante is alewig besig om die Koninkryk van God te probeer afbreek, en ons moet weet dat dit nie gaan ophou today die Here sy kinders kom haal, in teendeel dit gaan baie erger word. Maar wees verheug daarin dat die wie volhard juis deur al die pyn en lyding soveel meer blydskap sal ervaar wanneer die Here sy kinder kom haal, juis deur die lyding waardeer hulle moes gaan. Jesus het immers self die grootste lyding deur gegaan vir ons. Die Here waarsku ons dat ons op die uitkyk moet wees want die vyand loop soos 'n brullende leeu tussen ons rond op soek na iemand om te verslind (1 Petrus 5:8). Hierdie bedreiging strek nie net so vêr soos versoeking nie, maar tot so vêr as fisiese vervolging, met ander woorde ons ly aan die nagevolge van die besluite wat die goddelose maak, soos aborsies wette ens. waarvan jy praat in jou gedig. Ons moet dus na Bo kyk vir ons hulp, maar belangriker, ons moet ons lewens in God se hande plaas (dit is immers ons besluit, die Here het nie robotte gemaak, maar ons vrye wil gegee) want Hy weet wat beste is vir ons. Ons moet juis nie bekommerd wees oor wat ons wil he nie, maar oor wat die Here wil he. Die Here verseker ons in dieselfde gedeelte dat na 'n kort tydjie van lyding Hy self ons weer sal oprig en bemoedig. Ek dink wat ek eintlik wil se is dat ek verstaan hoe jy voel, en ek self so baie keer mismoedig raak om te kyk na al die hartseer en pyn. Dan nog erger kyk ek na my eie lewe en sien dat ek self baie keer soek na my eie wil en nie na die Wil van God. Die Here bemoedig ons ook vêrder in 1 Petrus 4:12 deurdat Hy vir ons se dat ons nie verbaas moet wees oor die vuurproef waaraan ons onderwerp word nie, maar ook dat Hy oppad is om alles reg te stel. In jou gedig roep jy tot die gemeenskap om God se wette na te volg, dit is immers die enigste weg, en al wat waar is. Ons moet aanhou om mekaar te herinner dat God daar is vir ons, en dat ons moet onthou om Hom nie net ons spaarwiel maar eerder ons stuurwiel te maak in ons lewens. Ook moet ons nie vergeet dat God alles sien wat gebeur en dat Hy op vreemde maniere werk, maar Sy wil sal geskied want hy is Almagtig en die lewende God. Die Here gee om vir ons, as ons Hom tog net alleenlik sou dien. Juis hier in ons land trek God se gelowige kinders swaar, maar moenie bekommerd wees, God het nie vergeet van sy kinders nie. Ook moet ons nie vergeet om te bid vir hierdie saak en vir mekaar nie. Baie dankie vir jou gedig, dit raak 'n baie belangrike saak aan. Darem kan ons hier op Woes se wat nie altyd so maklik is om te se op ander maniere en plekke. Groete.
13 jaar 10 maande 3 weke 3 dae 13 ure oud


WAARHEEN NOU
UITSTEKEND GESKRYF, HOU SO AAN EN LAAT GOD NOG INSPIRASIE VOORTBRING. BAIE LIEFDE, DJANGO
13 jaar 10 maande 3 weke 3 dae 23 ure oud



Beskuldig dan die Liefde

deur Rachelle du Bois

Herman Jansen is betower deur die lieflike meisie wat saans in die maanlig in sy tuin dans. Waar sou sy vandaan kom en wie is sy? Hy besluit hy wil haar hê en hy gaan haar kry. Maar wat van sy voorneme om van die liefde af weg te bly na sy pynlike ondervinding in ʼn huwelik wat vir hom byna vernietig het? Sal hierdie beeldskone vrou vir hom vervulling bring? Hoe weet mens jy het lief? Dit is die vraag wat Trixie Hofmann moet antwoord, want skielik is haar speelmaat en skoolvriend nie meer dieselfde nie. En sy verstaan nie die vreemde taal wat haar hart en haar lyf nou praat as hy naby haar kom nie.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar