Gedigte

Titel: Waarneming
Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

In hierdie woestyn
êrens tussen klip en duin
en verlate namibsrose

stoot die see sy mis
oor my hart
waar kuswinde
dorstige sand aandryf
om jou te kenter

maar die eb en vloed
van die gety
sal eindeloos
dieselfde bly...

© C. Potgieter 2013-06-19



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

***
Ek hou hiervan Charmain...jy skep atmosfeer baie goed
6 jaar 8 maande 1 dag 19 ure oud


*
Mal oor hierdie gedig van jou! Jy het dit so goed gedoen!xx
6 jaar 8 maande 2 dae 6 ure oud


Gety
Emosie le baie diep!

Hou baie hiervan!
6 jaar 8 maande 2 dae 9 ure oud


die weervoorspelling
lees bietjie jou laaste strofe.
iets werk nie.
kyk na die sinskonstruksie:

maar die eb en vloed
van die gety
-eindeloos-
dieselfde bly...

>>dit lees net nie korrek nie.
6 jaar 8 maande 2 dae 12 ure oud


See
Die see bring altyd inspirasie en kalmte. Dit wat is, was, dit wat was, sal weer kom.. Die see wys die ritme van die lewe.
6 jaar 8 maande 2 dae 15 ure oud


waarneming
Sjoe, hierdie is meesterlik geskryf! My mond hang oop..
6 jaar 8 maande 2 dae 15 ure oud


Waarneming
'n Gedig wat mens weer en weer wil lees. Diep uit die hart en fyn, sensitiewe waarneming. PUIK!!!
6 jaar 8 maande 2 dae 15 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

IN DIE AANSLAG OP DIE KLEUR VAN ONS VELLE VAL ONS BLOED OP DIE GROND

deur http://www.woes.co.za/

FIKTIEWE VERHAAL WAT DIE ONGELYKHEDE VAN ONS VERLEDE EN HEDE BLOOTLê.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar