ongeduld van jaag tot gedwonge stilstand
Elke sintuig sensitief
terwyl jou skadu rondtrippel en haas slange vang
elke geluid word geanaliseer
unieke reuk kleef om elke verby lopende siel
vingers geniet elke tekstuur sensasie
dors proe aan elke nasmaak vir hoop van les
Gedagtes jaag deur passiewe liggame
elke gelaat en persoonlikheid word erken in stof argief
geraas omwikkel in ritme en komponeer legende melodie
als so bekend in verlate ongerief
tussen vandag en môre
tussen vreemde
wag ek tussen spore op soek na jou
E-pos my as kommentaar gelewer word
Rapporteer foute/ongewenste inligting rakende die gedig
Stuur e-pos aan vriende aangaande hierdie gedig
Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae
deur Rachelle du Bois
Delia Kriel is mede-eienaar van die vakansieoord Zeesig. Haar eerste ontmoeting met Alex Vorster, haar sexy nuwe buurman, laat haar hare rys. Hy jaag haar kat die skrik op die lyf en hy jaag haar die harnas in. Kortom, hy pla haar, vreeslik, aanhoudend. Hy het haar rustige bestaan hier op Zeesig kom versteur en sy is vies, baie vies. Alex se broer, Xander, is die diep een, die stil musikant wat sy hart op Delia se vriendin, Madeleen, verloor het. Hy is koppig en hy weet wat hy wil hê, maar sy is versigtig vir die liefde, want net 'n donkie sal twee keer oor dieselfde klip struikel. En sy is nie 'n donkie nie. Hy is egter die ideale model vir haar beeldhouwerk en haar kunsuitstalling lê voor . . .