Weergawe: 2
Aantal woorde: 173
Kere gelees: 0
Datum gepubliseer: 14 Feb 2016
ek wag om te sien
wanneer die donkerte oor die woesteny gaan daal...
Gaan daar skemer wees?
Of gaan alles net verdwyn met 'n helder flits?
Die groot knal wat alles wat is omskep in niks!
Sal daar enige energie uitgestraal word,
of sal die groot grys nul net die ene opvreet
en dikgevreet op die kuberbank gaan lê en snork?
Tik tik tik...
Geen gravitasie,
geen tyd...
geen letters,
geen sinne,
geen gedagtes,
geen denke,
geen taal...
Die begin van NIKS!
Uit iets tot niks.
****************
Ek wag...
Dat niks iets word wat gebeur.
Woes was iets,
woes word weer woesteny.
'n Groot virtuele niks op die wêreldwye web.
Sal dit 'n gat in die virtuele niks laat?
Hoe maak mens 'n gat in niks?
Gat met 'n rand van niks is mos nie 'n gat nie.
Ek wag steeds (effe ongeduldig)
dat niks tot niks moet terugkeer.
Die wêreld was woes en leeg...
So is dit steeds.
Daar's niks nuuts onder die son nie!
Lees ander gedigte deur Woordverwerker
E-pos my as kommentaar gelewer word
Rapporteer foute/ongewenste inligting rakende die gedig
Stuur e-pos aan vriende aangaande hierdie gedig
Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae
deur Piet Schoombie
Vier-en-twintig lekker lees kortverhale, sketse en artikels oor uiteenlopende temas en situasies.
n Stunnieg gedig. Baie goed geskryf Kwapie