Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

My Geliefde skuil
in die bitterblom se vrug -
In die stekelrige dorings
op die truksvy se rug.

My Beminde lê
in die gifboom se melk -
In die sap van die
moordblom se kelk.

My Liefde sluip
in die donkermaan se lig -
In die die angs van die
prooi voor die jagter se vlug.

My Enigste drup in die
wrang bloed in buise en are -
En in die veiligheid
van stormende gevare.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

wanhoop
Dié nooi is beslis nie in 'n nartjie nie! Uitstekende beeldspraak.
12 jaar 4 maande 2 weke 6 dae 14 ure oud


Dit is so mooi - ek moes dit weer lees!

die bitterblom se vrug
die gifboom se melk
die donkermaan se lig
die angs van die prooi


die is n uitstekende gedig

12 jaar 4 maande 2 weke 6 dae 17 ure oud


sjoe!sjoe! dit is n pragtige gedig - die rym - die beeldspraak

ek is mal hieroor!
12 jaar 4 maande 2 weke 6 dae 17 ure oud


Een van jou mooiste gedigte. Ek hou baie van die metafore van gevaar wat jy teken. Die rym kom gemaklik oor en is glad nie gedwonge nie. Ek hou regtig baie van die gedig. Is een van daardie wat jy hardop wil lees.
12 jaar 4 maande 3 weke oud


Wanhoops liefde
Dit is baie baie mooi geskryf, kan ek maar by my gunstelinge voeg?
12 jaar 4 maande 3 weke 1 dag 13 ure oud


Hoe kry jy dit reg?
Jy slaan my voete elke keer onder my uit! Stunning!!
12 jaar 4 maande 3 weke 1 dag 22 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

ORAL IS MY GOD

deur Johann P. Boshoff

N.a.v. hoofsaaklik Psalm 139 word God se aktiewe teenwoordigheid in Boshoff se 36ste boek bepeins. Aandag word in 'n opstel ook geskenk aan die skryf van 'n oordenkingsbundel.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar